Aangeleenthede Afrika Wêreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

SA kan 'regstellende' aksie nie bekostig

Etniese sosialisme steeds destrutief

Jaco Strauss
Die Rapport
10 Februarie 2002 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Geagte Heer

Daniël Kriel se hoogs aanvegbare poging ter ondersteuning van sg Regstellende Aksie (RA) in Rapport van 27/1/02 verdien kommentaar.

Ironies genoeg word sy bydrae gepubliseer in dieselfde uitgawe van Rapport waarvan die voorblad gewy is aan die verwoestende effek van RA in die SAPD. Daar kan duidelik uit u voorbladberig afgelei word hoe die SAPD homself stelselmatig gestroop het van 'n groot hoeveelheid kundigheid en ervaring terwyl misdaad oor dieselfde tydperk katastrofiese hoogtes bereik het.

Die opskrif van Mnr Kriel se artikel, nl. "Regstellende Aksie hou ekonomiese voordeel in", vind egter nêrens in sy artikel ondersteuning nie. Dit is 'n stelling wat met gemak gemaak word en dan daar gelos word! Hy kom in der waarheid niks verder as om te verwys na veranderende
... glo Mnr Kriel dat slegs blankes bekwaam genoeg is om in 'n vrye omgewing mededingend te kan wees?
markte teen die agtergrond van demografiese verskuiwings en nuwe politieke werklikhede nie. Dit blyk hy verwar RA met doodgewone, outydse nastrewing van eiebelang wanneer die privaatsektor aanstellings maak wat volgens hulle beste berekeninge die gunstigste resultate sal oplewer.

Geen politikus, burokraat, of self-aangestelde sosiale ingenieur kan ooit hoop om ekonomiese werklikhede suiwerder te lees as juis die privaatsektor wie daarop aangewese is vir hul eie oorlewing nie. Sodanige aanstellings lei automaties tot 'n gediversifiseerde werkerskorps, of glo Mnr Kriel dat slegs blankes bekwaam genoeg is om in 'n vrye omgewing mededingend te kan wees?

In sy poging om 'n skyn van redelikheid voor te hou faal Mnr Kriel om die punt wat hy werklik wil maak, nl. die ekonomiese voordele van RA, enigsins oortuigend te stel, nog minder te staaf. Hy maak bv. die volgende stelling:

Dit beteken nie ons moet ter wille van politieke korrektheid regstellende aksie as 'n gegewe aanvaar nie.
Sy beste punt! Maar dan volg sy verwarring in die volgende sin:
Ons moet dit eerder pragmaties debatteer, die noodsaaklikheid daarvan insien en die werklikhede daarvan aanvaar.

Werklike pragmatiese debatte sal juis nié lei tot sy fait accompli nie. Jy kan nie 95% van die bevolking ophef deur teen die ekonomies aktiefste 5% te diskrimineer nie. As "pragmatisme" dus maar tot dusver enigsins 'n kenmerk was van die debat dan het die hele konsep jare
Hoe word die gemiddelde werklose inwoner van 'n plakkerskamp bv bevoordeel deur RA wat in die praktyk slegs diegene wat reeds bevoorreg is verder bevoordeel?
terug reeds in die asblik beland. Die noodsaaklikste werklikheid rondom RA is juis om te besef dat dit niks anders is as 'n onbekostigbare oefening in politieke korrektheid nie!

Hoe word die gemiddelde werklose inwoner van 'n plakkerskamp bv bevoordeel deur RA wat in die praktyk slegs diegene wat reeds bevoorreg is verder bevoordeel. En as 'n wit werknemer vervang word met 'n onbevoegte RA aanstelling, net om steeds dieselfde werk as onafhanklike kontrakteur te verrig, wie baat daarby? Kan 'n land met ons sosio-ekonomiese probleme bekostig om nou drie maal die skaars hulpbron te bestee ten einde dieselfde werk vermag te kry?

Watter voordeel spruit ook byvoorbeeld uit die onderwysersvriend van my wat, suiwer as gevolg van sy wit vel, begin verlede jaar weggewys is toe hy by 'n "voorheen benadeelde" skool om 'n wiskunde pos aansoek gedoen het. Die hoof het duiselik laat verstaan dat hy nie belangstel
Dit is n siniese Mugabeaanse verbeeldingsvlug om die verlies aan professionele en geskoolde arbeid as "positief" af te maak
daarin om wit kandidate aan te stel nie. Die skool het toe in die afgelope Matriek eindeksamen 'n 90% druipsyfer in daardie vak behaal terwyl my vriend gaan wiskunde gee het in Engeland. Wie trek voordeel daaruit? Die ekonomie? Die "voorheen benadeelde" leerders of word hulle bloot gevonnis tot permanente agtergeblewenheid?

Ongelukkig wil dit voorkom asof die enigste persoon wat hieruit voordeel getrek het die onderwyser is wat nou in 'n (relatief tot SA) misdaadvrye land woon waar hy op gelyke vlak met ander kan meeding sonder die ou geykte Suid-Afrikaanse rasse diskriminasie. En dan nog boonop ponde verdien.

Geen ontwikkelende land kan bekostig om skaars menslike hulpbronne weg te werp nie. Hoeveel ingenieurs, dokters, tandartse, rekenmeesters, onderwysers, verpleegsters, entrepreneurs en dies meer kan ons ekonomie nog bekostig om te verloor. Mense wat die land uitgedryf word en as sulks geforseer word om eerder die ekonomieë van Nieu-Seeland, Australië, Britanje, Kanada ens. uit te bou.

Dit is n siniese Mugabeaanse verbeeldingsvlug om die verlies aan professionele en geskoolde arbeid as "positief" af te maak. Mens hoor al hoe mompel partymense: "Good riddance to bad racists". Maar wie is hier die rassiste? Diegene vir wie die deur op rassegronde toegeklap word, of 'n kortsigtige Regering wat so behep is met die verlede dat hy versuim om die toekoms aan te spreek?

Staatsinmenging in pogings tot maatskaplike opheffing is ten beste oneffektief en ten slegste destruktief. In Suid-Afrika is die etniese sosialisme van die huidige regering net so destruktief soos die van die vorige een.

Regter Myburgh en sy kommissie hoef nie veel moeite te doen om die oorsake van die Rand se ineenstorting te ondersoek nie. Hy moet net n afskrif van Mnr Kriel se artikel in die hande kry...

Die brief het in Die Rapport van 10 Februarie 2002 verskyn.


N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Vorige Artikel Regstellende aksie in Sanlam reeds 1995
Volgende Artikel Nic Myburgh spoel bietjie bek uit...

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek