Aangeleenthede Afrika WÍreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

National Scouts en Nasionale Party - Vinkel en Koljander

Wynand de Beer
Korrespondensie
10 Oktober 2002 National%20Scouts%20en%20Nasionale%20Party%20-%20Vinkel%20en%20Koljander&body=Hier%20is%20´n%20interessante%20blad%20vanaf%20Strauss.Za.Com:%20http://www.strauss.za.com/afr/wdb_nnnp021010.asp>E-pos die bladsy aan 'n vriend


Tydens die eeuwending honderd jaar gelede was die Boererepublieke van die Transvaal en die Oranje-Vrystaat in 'n stryd om lewe en dood teen die Britse imperialiste gewikkel. Voor die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 onderteken is om die oorlog te beŽindig, het ongeveer 28 000 Boereburgerlikes, meesal vroue en kinders, in Britse konsentrasiekampe gesterf. Wat
Die sg. National Scouts was 'Boere' wat saam met die Britte in ABO baklei het...
nie algemeen bekend is nie, is dat teen die einde van die oorlog meer as vyfduisend Boere aan die kant van die Britte teen hul eie mense geveg het, hoofsaaklik in die sogenaamde National Scouts (sien Thomas Pakenham se The Boer War). Ironies genoeg is die National Scouts in die Vrystaat gelei deur niemand anders nie as Piet de Wet, broer van die beroemde Boeregeneraal Christiaan de Wet.

Honderd jaar later is die beskaafde komponent van die Suid-Afrikaanse bevolking, hierdie keer van alle bevolkingsgroepe, in 'n oorlewingstryd onder die magsbeluste ANC/SAKP regime vasgevang. Duisende burgerlikes het reeds gesterf in hul wonings, op hul plase, in hul besighede, en steeds duur die slagting voort. Aan die begin van die nuwe millennium het die party wat hoog opgegee het oor hul verbintenis tot beskaafde waardes, die (Nuwe) Nasionale Party, dit goedgedink om hul ondersteuners te versaak en aan die kant van die ANC/SAKP teen hul eie mense te veg. In die proses word hulle gelei deur die swakkeling Marthinus van Schalkwyk, broer van geen beroemde.

Inderdaad herhaal die geskiedenis sigself! Die beginsellose, verraderlike NNP is niks anders nie as die hedendaagse inkarnasie van die beginsellose, verraderlike National Scouts van honderd jaar gelede. Dieselfde belaglike argumente van samewerking ter wille van die groter geheel word weereens gebruik. Asof samewerking tussen die goeie en die kwade nog ooit gedien het om die goeie te laat oorwin! Helaas nie in hierdie krom en verdraaide geslag nie.

"Die beginsellose, verraderlike NNP is ... die hedendaagse inkarnasie van die National Scouts"
Wat die NNP-leierskap nou gedoen het, is die voleinding van hul voorgangers se verwoesting van Suid-Afrika oor 'n tydperk van 'n halwe eeu. Vanaf die 1950's tot die 1970's het hulle die land met hul apartheidsbeleid opgeneuk, in die 1980's het hulle sonder beleid of beginsel aan die mag vasgeklou en die groeiende opposisie na links en na regs met allerlei onderduimse metodes beveg, en in die 1990's het hulle die land op 'n agterbakse wyse aan hul voormalige vyande oorhandig terwyl hulle voorgegee het om hul ondersteuners se belange te verteenwoordig. Sedertdien oorleef die NNP op die genade van die enigste beginselvaste opposisie in die land, die DP, wat in 2000 'n reddende hand na hul eertydse opponente uitgestrek en hulle in die DA opgeneem het, tot groot blydskap van beskaafde Suid-Afrikaners.

En nou het Van Schalkwyk sy redders in die gesig geklap deur sy misrabele partytjie van die DA weg te lei en saam met die ANC/SAKP in die bed te spring. Terselfdertyd het hy die kiesers wat vir hulle gestem het, verraai en geminag. Laat ons daarna uitsien dat die Nuwe National Scouts in die volgende algemene verkiesing tussen die DP aan die een kant en hul nuwe bedmaats aan die ander kant fyngemaal gaan word, sodat alle Suid-Afrikaners vir wie beskaafde waardes belangrik is 'n glas sjampanje kan drink op die ondergang van die mees eerlose smet op ons onlangse geskiedenis.



Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Ligging
Ireneolb6iuir44j_at_yahoo.comeQIRgKByfsXkZlFyx
Hi all,Making marketing stigaetres and being mischievous is all fine, but if allowed, such an act would definitely open the floodgates for the advertisements on television with a lot of mud-slinging activities and defamatory statements. Irrespective of who wins among the big players, final consumers will certainly be the sufferers. Instead of capitalizing on their own USPs, companies would rely on the negative factors of their competitors, which would take ad puffing to another extreme, while there would be no limits of determining upto which level its acceptable. This would create a havoc and certainly not a good scenario. Considering this particular case, I would say this is the worst strategy for a brand like RIN, where it is the household product for decades and is known with a good reputation. By doing this, it has himself tarnished its image and might suffer its long term effects with loosing customer base. I believe that there was certainly no need of doing this. In addition to the long term losses, RIN (HUL) will certainly suffer the heavy penalties in terms of damages, if the case goes to court. I agree that making factual statements may be digestible (even if it refers to comparison with competitors on a particular compliance or standard), but whatever is shown in the advertisement is strictly disparaging to the Tide, where the poor boy on Tide Side was almost wearing a Brown color shirt for comparison with the shining white RIN boy. This disparaging expression cannot be justified by HUL by any means. Even otherwise the advertisement doesn’t highlight that the difference is scientifically proven by tests in labs, which is the basis of difference, if any, on factual grounds. Nevertheless, I hope to see a good and fruitful litigation ahead and expect the courts to take a serious and firm stand while clarifying the ambiguity and settling the issues.Best Regards,Ashwani

wernerwerner21@mail.com"Talk is Cheap"
As n trotse Wit Suid-Afrikaner moet ek se, ons as nasie moet begin saam bou en saamstaan, nie net wag en kyk hoe ander swapoes in die regering en om jou hulle name verneder deur nie te weet wat hulle doen en alles net af te breek nie, want othou ons voorvaders het hulle dood gewerk om die land te bring tot wat dit was voor die 1994 verkiesing, so om dit alles net weg te gooi, daar moet fout wees as ons as Suid-Afrikaners nie saamstaan in tye van nood en onnooslikheid. Want seker soos wat ek van myself is is ek seker dat Almal kan saam werk en saam lewe, maar as alles net moet agteruit gaan, mense vra jouself af, is dit die moeite werd, want ons kinders en hulle kinders sal moet groot word in sekere omstandoghede wat miskien net vereger of verbeter kan word vir die toekoms as ons saam staan en minder bek verkoop op nonsens wat elk geval tydmors is. nouja as jy nog nie kon uitmaak wat ek eintlik wou se nie, dan is dit eintlik dat ons moet nou begin saam werk om n beter toekoms te voorsien vir ons en ons nageslag wat God die Almagtige weet dit gaan nie oornag gebeur nie. My spreuke se: Catch a waik-up, die son skyn al, wat het jy gedoen wat positief is. Van n Lat, dis ek

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Previous Article Nasionale Selfmoord van die NP
Next Article Finale stuiptrekkings van 'n vuisvoos, ideolgies-bankrot dinasaurus

TUISTE Heelbo Terug Druk National%20Scouts%20en%20Nasionale%20Party%20-%20Vinkel%20en%20Koljander&body=Hier%20is%20´n%20interessante%20blad%20vanaf%20Strauss.Za.Com:%20http://www.strauss.za.com/afr/wdb_nnnp021010.asp target="_blank">E-pos dit E-Pos ons Gasteboek