|
|
Aangeleenthede | Afrika | Węreld | Filosofie | Afrikaans | Ontspanning | Algemeen |
| 2 September 2003 | E-pos die bladsy aan 'n vriend |
Sanlam se Lize Lambrechts het onlangs 'n epos uitgestuur om Sanlammers te waarsku oor afleggings en bygevoeg dat sg "werksbillikheid" hierin 'n rol sou speel. Almal weet egter sat hierdie Orwelliaanse term niks met billikheid te make het nie en dat werkers eerder op grond van ras afgedank sou word. 'n Storm het losgebars en Sanlam het 'n ommekeer gemaak.Agt jaar gelede het Sanlam al hierdie pad begin volg en het ek al teenkanting uitgespreek.
Afrikaners was teen die grond aan die begin van die vorige eeu, maar alhoewel Afrikaners reeds aan die beheer van die land onafgebroke sedert 1910 gestaan het, het hulle nie wette gemaak om bestaande besighede oor te neem nie.
So is Sanlam bv in 1918 gestig deur Afrikaners, vir Afrikaners. Afrikaner kapitaal het ingestroom en Sanlam het deur die eeu van krag tot krag gegaan totdat hy later die tweede grootste versekeraar in Suid-Afrika was.
Die nuwe bewindhebbers lyk egter nie of hulle belangstel om nuwe besighede in hierdie tyd van nuwe geleenthede te help groei en sodoende 'n positiewe bydrae tot die ekonomie te maak nie. Hulle is meer geinteresseerd om net eenvoudig bestaande sake oor te neem. Die sakewęreld doen lustig mee hieraan in die hoop dat hul eie posisies tog maar net veilig bly...
|
So paar jaar gelede het ek vir 'n maatskappy gewerk waar hulle ook eendag 'n epos gestuur het aangaande "regstellende" aksie. Ek wou toe by die Menslike Hulpbronne afdeling weet hoe hulle rasseklassifikasie toepas. Potlode deur die hare, of wat?
Dit was interessant om te sien hoe my eenvoudige vraag die heeltyd ná elke ontwykende antwoord na hoër gesag geëskaleer is. Uiteindelik het die Menslike Hulpbron hoof van die groep maatskappye (en dus goot walhaler) vir my geskryf dat die betrokke maatskappy 'n besigheid is en nie 'n filosofiese debatsgroep nie en dat "almal weet wat die verskil tussen 'n wit man en 'n swart vrou is".
Die NP het destyds rassistiese wetgewing gemaak, maar ten minste die eerlikheid en moed van hul oortuiging gehad om mense dienooreenkomstig te klassifiseer. As studente het ons ook teen die Bevolkingsregistrasiewet (en artikel 16 van die ontugwet) baklei en uiteindelik onder węreldwye heugenis en applous is die wette geskrap. Selfs ons ID nommers is in die gees van die tyd verander en die 00 is verander na 'n 08. Daar is dus niks wat my ID nommer nou anders maak as die volgende ou s'n nie, so waarmee ons nou sit is lakeie wat rasseklassifikasie toepas sonder enige wetlike rugsteuning.
|
As meer mense hierdie vreedsame protes sou toepas, sou dit die regering se patetiese teikenkies van "Empowered", "Empowering" en watter ander skuilwoorde hulle ookal vir parasitisme gebruik, lekker deurmekaar krap. Ek glo ek het al heelwat maatskappye gehelp om hulle "teikens" te haal deur mense in my infloedsfeer te help sien dat hulle "Afrikane" is.
|
Hierdie manne (en vroue) aarsel ook nie om "in die gees van die nuwe SA sg "werksbillikheid", "regstellende" aksie en wat ookal toe te pas nie. Solank hul eie posisietjies net nie in gedrang kom nie. Rassiste soos Ali Bacher, Rian Oberholzer en Lize Lambrechts kan veel eerder hul nie-rassigheid bewys deur hul eie posisies aan swart lesbiërs (verkieslik in rolstoele) af te staan en uit die openbare lewe pad te gee!
Die moderne National Scouts val oor hul voete om hul eie mense te benadeel om tog net die koning se guns te probeer wen. Hierdie omhelsers van die nuwe orde herinner my aan die vreeslose generaal in Catch-22 wat nooit geaarsel het om sy manskappe op die gevaarlikste missies te laat gaan nie....
Besoekerskommentaar |
|||
| Naam | E-pos | Onderwerp | Datum |
| Braam | gert_at_introdata.co.za | Web inhoud | 1/12/2007 |
| Kyk bietjie na: www.bcnet.co.za Oulike Afrikaanse inhoud Groete Braam | |||
| Visitor | Anonymous | General Comment | 8/22/2004 |
| die grootste walhaler is kortbroek van Schalkwyk! | |||
| Vorige Artikel | Keohane is ´n aap en Theron ´n bobbejaan |
| Volgende Artikel | Regstellende aksie in Sanlam reeds 1995 |
| TUISTE | Heelbo | Terug | Druk | E-pos dit | E-Pos ons | Gasteboek |