Aangeleenthede Afrika Węreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

"Walhalers" nes National Scouts van weleer

Sakeleiers maak plek vir "minderbevoorregtes" deur ondergeskiktes te offer

Jaco Strauss
2 September 2003 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Sanlam se Lize Lambrechts het onlangs 'n epos uitgestuur om Sanlammers te waarsku oor afleggings en bygevoeg dat sg "werksbillikheid" hierin 'n rol sou speel. Almal weet egter sat hierdie Orwelliaanse term niks met billikheid te make het nie en dat werkers eerder op grond van ras afgedank sou word. 'n Storm het losgebars en Sanlam het 'n ommekeer gemaak.

Agt jaar gelede het Sanlam al hierdie pad begin volg en het ek al teenkanting uitgespreek.

Afrikaners was teen die grond aan die begin van die vorige eeu, maar alhoewel Afrikaners reeds aan die beheer van die land onafgebroke sedert 1910 gestaan het, het hulle nie wette gemaak om bestaande besighede oor te neem nie.

So is Sanlam bv in 1918 gestig deur Afrikaners, vir Afrikaners. Afrikaner kapitaal het ingestroom en Sanlam het deur die eeu van krag tot krag gegaan totdat hy later die tweede grootste versekeraar in Suid-Afrika was.

Die nuwe bewindhebbers lyk egter nie of hulle belangstel om nuwe besighede in hierdie tyd van nuwe geleenthede te help groei en sodoende 'n positiewe bydrae tot die ekonomie te maak nie. Hulle is meer geinteresseerd om net eenvoudig bestaande sake oor te neem. Die sakewęreld doen lustig mee hieraan in die hoop dat hul eie posisies tog maar net veilig bly...

"almal weet wat die verskil tussen 'n wit man en 'n swart vrou is"
Die klomp walhalers dryf my die mure uit!

So paar jaar gelede het ek vir 'n maatskappy gewerk waar hulle ook eendag 'n epos gestuur het aangaande "regstellende" aksie. Ek wou toe by die Menslike Hulpbronne afdeling weet hoe hulle rasseklassifikasie toepas. Potlode deur die hare, of wat?

Dit was interessant om te sien hoe my eenvoudige vraag die heeltyd ná elke ontwykende antwoord na hoër gesag geëskaleer is. Uiteindelik het die Menslike Hulpbron hoof van die groep maatskappye (en dus goot walhaler) vir my geskryf dat die betrokke maatskappy 'n besigheid is en nie 'n filosofiese debatsgroep nie en dat "almal weet wat die verskil tussen 'n wit man en 'n swart vrou is".

Die NP het destyds rassistiese wetgewing gemaak, maar ten minste die eerlikheid en moed van hul oortuiging gehad om mense dienooreenkomstig te klassifiseer. As studente het ons ook teen die Bevolkingsregistrasiewet (en artikel 16 van die ontugwet) baklei en uiteindelik onder węreldwye heugenis en applous is die wette geskrap. Selfs ons ID nommers is in die gees van die tyd verander en die 00 is verander na 'n 08. Daar is dus niks wat my ID nommer nou anders maak as die volgende ou s'n nie, so waarmee ons nou sit is lakeie wat rasseklassifikasie toepas sonder enige wetlike rugsteuning.

"Empowered" en "Empowering" is skuilwoorde vir parasitisme...
Maar daar is 'n oplossing vir diegene wat nog nie heeltemal vuisvoos is nie. Ek vul bv op alles "Afikaan" (African) in onder "ras". Ek daag enigeen om my te sę ek is nie een nie. Toe ek in Europa gewoon het, het ek genoeg moeilikheid gehad omdat ek 'n "Afrikaan" is. Met my terugkoms moet ek sien hoe hier teen my gediskrimineer word omdat ek kwansuis 'n "Europeër" is. Deur my Strauss-lyn is ek 8ste geslag Suid-Afrikaner, maar deur van die ander lyne tot 13de geslag. Probeer vir 'n swart seun van immigrante wat in Brixton (Engeland) gebore is, vertel hy is nie 'n Brit nie. Maar na 13 geslagte kwalifiseer ons nog nie. (Dan praat ek nie eers van die Khoi verbintenis wat ek met Eva, oftewel Kroatoa, via die Zaaymans het nie).

As meer mense hierdie vreedsame protes sou toepas, sou dit die regering se patetiese teikenkies van "Empowered", "Empowering" en watter ander skuilwoorde hulle ookal vir parasitisme gebruik, lekker deurmekaar krap. Ek glo ek het al heelwat maatskappye gehelp om hulle "teikens" te haal deur mense in my infloedsfeer te help sien dat hulle "Afrikane" is.

Oberholzer kan sy nie-rassigheid bewys deur sy eie posisie af te staan
Die sakesektor behoort die regering se bluf te roep en aan te dring op ondersteunende rassistiese wetgewing alvorens hul drakoniese wense tot uitvoer gebring sou word. Maar helaas. Hulle het mos reeds die wal gehaal en net soos De Klerk wat so groots was dat hy homself van president (van die węreld se muishond) tot vise-president (van die węreld se liefling) onderhandel het, (met 'n salarisverhoging en Nobel prys op die koop toe) dink hulle net aan hulself.

Hierdie manne (en vroue) aarsel ook nie om "in die gees van die nuwe SA sg "werksbillikheid", "regstellende" aksie en wat ookal toe te pas nie. Solank hul eie posisietjies net nie in gedrang kom nie. Rassiste soos Ali Bacher, Rian Oberholzer en Lize Lambrechts kan veel eerder hul nie-rassigheid bewys deur hul eie posisies aan swart lesbiërs (verkieslik in rolstoele) af te staan en uit die openbare lewe pad te gee!

Die moderne National Scouts val oor hul voete om hul eie mense te benadeel om tog net die koning se guns te probeer wen. Hierdie omhelsers van die nuwe orde herinner my aan die vreeslose generaal in Catch-22 wat nooit geaarsel het om sy manskappe op die gevaarlikste missies te laat gaan nie....



Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Ligging
Asil3i7p6hho2_at_yahoo.comhegbnzPeYzgOqnbtihrt
household.a0 What do you think am I being too harsh, or is this kitchen a caidndate for Casa Moxie’s IGNORE THIS ROOM decal? Related Posts:Nice range, shame about the layoutThis

Cordybalayankarine_at_gmail.comZDlWaPXRXCX
Impressive brain power at work! Great ansewr!

Braamgert_at_introdata.co.zaWeb inhoud
Kyk bietjie na: www.bcnet.co.za Oulike Afrikaanse inhoud Groete Braam

VisitorAnonymousGeneral Comment
die grootste walhaler is kortbroek van Schalkwyk!

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Previous Article Keohane is ´n aap en Theron ´n bobbejaan
Next Article Regstellende aksie in Sanlam reeds 1995

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek