Aangeleenthede Afrika Wreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

Beloning van terreur is die grootste oorsaak daarvan...

Jaco Strauss
Uittreksel uit epos aan vriende - 25 September 2001
Ek sluit 'n antwoord in op die tipe artikel soos die van Pilger en Herman... my gevoel oor daardie artikels is dat dit die slagoffers blameer - amper iets soos 'n verkragtingslagoffer wat 'daarvoor gesoek het'. Vat byvoorbeeld Pilger wat oor die Irak oorlog s:

"An estimated 200,000 Iraqis, according to the Health Education Trust in London, died during and in the immediate aftermath of the slaughter known as the Gulf War."

Dit mag so wees, maar daardie oorlog was die gevolg van Irak se inval en okkupasie van Kuwait... 'n Moslem land wat onwettig deur Irak beset is.

Pilger kla ook oor die feit dat Bin Laden en die Mujihadeen deur die VSA opgebou is. In daardie stadium was dit 'n nawe VSA wat Afghanistan ondersteun het teen 'n Sowjet inval en okkupasie. En die Mujihadeen regering wat die Russe vervang het, is later (de facto) deur die Taliban vervang, alhoewel bykans geen land ter wreld die Taliban 'regering' erken nie. Die regering wat gevorm is na die Russe verdryf is, vorm tans die Noordelike Alliansie, wat met VSA en Russiese ondersteuning teen die Taliban veg. Die wettige, ligitieme, uitgeweke, maar wrleldwyd erkende regering van Afghanistan, ondersteun militre ingryping teen die Taliban.

Soveel verskonings word gemaak, Pilger gaan haal dit selfs by die val van die Ottomaanse ryk!!! Dis omtrent so relevant tot gebeure op 11 September soos die val van die Romeinse ryk. In kort, almal staan vry om die VSA en die weste te kritiseer. In die Weste kan jy immers die regering, die kerk, die samelewing, ens. kritiseer sonder om onthoof te word... maar dit bly verkeerd om terroriste gelyk te gee en apologeties te wees in situasies soos die. As sodanige reaksie die norm raak is dit die grootste versekering dat aanvalle soos di weer en weer sal plaasvind.

Die wreld was in die verlede reeds te verdraagsaam en het terrorisme hopeloos te veel beloon! Dit is na my mening die grootste oorsaak van hierdie aanvalle...


Vorige Artikel Onbekostigbare Politieke Korrektheid
Volgende Artikel Gedig oor die sluipmoord op Pim Fortuyn

BO - TERUG - HOOFBLAD