Aangeleenthede Afrika Wreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

"Die papbroeke, die liggewigte, die manteldraaiers, die tweegesigte en die gatkruipers is nou weg"

Nicholas Myburgh
Korrespondensie
28 Oktober 2001

Marthinus het in die laaste paar dae merkwaardig vinnig gevorder van Kortbroek tot Onderbroek. Die man is duidelik heeltemal die kluts kwyt.

Onderbroek en die Fatcat het nou eiehandig die Alliansie vernietig. Maar dalk was dit nie n oomblik te gou nie. Beter dat partymense se ware kleure vroer uitkom eerder as later.

In die proses het Onderbroek egter die laaste greintjie integriteit waaroor hy dalk nog beskik het verkwansel ter wille van vae, ongedefinieerde oogmerke, maar bowenal ter wille van homself. Iemand het tereg opgemerk hierdie was geen beginselbesluit nie, maar n loopbaanbesluit! Ek dink dit was Mark Twain wat ges het: "These are my principles. If you don't like them, I've got others."

Ons politiek, nee, die Nasionale Party, het hiermee 'n nuwe laagtepunt bereik. Hoe kan hierdie Leier ooit weer die kieserspubliek van hierdie land, en veral die Wes-Kaap, in die oog kyk? Is hy so gestroop van alle waardigheid en integriteit dat hy in sy uur van desperaatheid so gewetenloos kan spring? Ek is stomgeslaan, of dalk net ou-wrelds naef, maar ek dog die man had karakter.

Die NNP was uit op hulle voete toe die DP 'n reddingsboei uitgegooi het en die DA gevorm is. Die DA is gestig op grond van 'n verbintenis tot sekere welbekende liberaal demokratiese beginsels. Onderbroek & Kie het dit geteken, en dit blyk nou, op bedrieglike wyse voorgegee om dit uit te dra. Intussen het hulle skuiwe om die nuwe terstigte Party terug te kaap lelik geboemerang toe hul kreatiwiteit mbt ledelyste en hul geheueverlies mbt daardie lelike bankrekening op die lappe gekom het. Toe dit duidelik word dat Onderbroek self dissiplinere stappe in die gesig staar moes daar vinnig 'n plan gemaak word. En siedaar,ewe skielik is die DA op pad na nrens, volgens Onderbroek. Wel, in elk geval vir so solank as wat hy, Fatcat en Charles Bronson nog daar was. Hul vertrek het net betyds gekom! O, en daar was te veel verskille vir die Alliansie om te kan slaag, aldus Onderbroek.

Sal hy asseblief vir ons s, bloot ter wille van die rekord, presies watter beginsel of beleidstandpunt van die DA was vir hom en sy volgelinge onaanvaarbaar? Het hy ons dan nie herhaaldelik die afgelope agtien maande herinner aan die gedeelde waardes en beginsels van die DA nie? Van die belangrikheid van doeltreffende opposisie, van die roepstem van die kiesers wat smeek om 'n NP/DP vennootskap, en dat dit die regte ding is vir SA en in besonder vir die Wes-Kaap? Wat het intussen verander?

Wanneer het Onderbroek uitgevind dat die DP 'n Party is vol mense wat, soos hy dit stel, bloot in liggaam hier is maar wie se harte elders is, 'n Party wat hom verlustig in die tekortkominge van die land, wat heimlik ons ondergang verlang? Maw, 'n hoogs onpatriotiese en dislojale Party? Is die verdagmakery van 'n opponent se patriotisme nie die laaste toevlug van 'n skobbejak nie?

Vereis patriotisme nie juis dat persoonlikheidsbotsings en persoonlike magsug sal plek maak vir toewyding tot 'n modus vivendi met diegene wat jou waardes en beginsels deel nie?

Tony & Kie moet geen slapelose nagte h nie. Die papbroeke, die liggewigte, die manteldraaiers, die tweegesigte en die gatkruipers is nou weg. Saam sal hulle mekaar warm vryf, beskinder, vertroetel en in die rugsteek. Hulle sal of regstreeks by die ANC/SAKP/COSATU aansluit, of bloot geko-opteer word by wyse van "samewerkende regering" - 'n deursigtige eufemisme vir "agterryers van die Regering". Doeltreffende opposisie en die uitbouing van liberaal demokratiese waardes het 'n oorwinning behaal deur die DA te suiwer van politieke verkleurmannetjies sonder visie of gewete!

'n Geredigeerde weergawe van die brief is ook in Die Burger gepubliseer


Vorige Artikel Nic Myburgh spoel bietjie bek uit...
Volgende Artikel "NP is meesters van magsoorgawe"

BO - TERUG - HOOFBLAD