Aangeleenthede Afrika Wêreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

Die mier en die sprinkaan

'n Afrika legende

Anoniem
27 Augustus 2002 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan hy en sy magdom kleintjies behoefte gehad het.

"Hoe kan die mier in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing bly, terwyl die arme sprinkane so ly?"
Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het nie - van honger en ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agter gelaat het.

Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil toe weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef.

'n Televisie-span maak hul opwagting en beeldsend tonele van die mier in sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wêreld is stom geslaan.

"Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Hoe kan die mier in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing bly, terwyl die arme sprinkane so ly?"
... sprinkane is slagoffers van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking...
In 'n oogwink is SANU-PF - die Sprinkaan Agtergeblewenes Nasionale Unie vir Permanente Freters - gestig. (Die vrate het nie juis skool bygewoon nie en kon dus nie 'Vreters' so lekker spel nie :)

Hulle kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle gaan verder en eis dat die miere die kos wat hulle vanaf die oppervlakte gesteel het, teruggee aan die regmatige sprinkaan eienaars. 'n Protesoptog word geloods voor die miere se wonings en alle miere wat dit buite waag word aangeval.

Tydens 'n Televisie-onderhoud eis hulle dat indien daar nie gehoor gegee word aan hul griewe nie, hulle gedwing sal wees om hulle tot geweld te wend. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.

Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag deur te sê dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hul aangedoen het en dat hulle die sprinkane moet vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan 'n sprinkaan gedoen is.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel
GATSAK - Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding - verklaar dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin.

Die President verskyn op die agt-uur nuus en sê dat hy alles in sy vermoë gaan doen vir die sprinkane. Die arm sprinkane wat hul verdiende welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.

Die Regering plaas EEVA - Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes - op. Die miere word dadelik beboet omdat hulle nie genoegsaam groen insekte in hul diens het nie, en word gedwing om dadelik 'n "proporsionele hoeveelheid" in diens te neem.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel - drie in baie senior posisies met byvoordele - om die gras
... sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel ...
in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag - net op die dae waarop hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd geoes het.

Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waarin hy bly - wat toevallig 'n leë miernes is - rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en blykbaar ook glad nie omgee nie.

Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe...
Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel het - sien die sprinkaan die President voor 'n klomp wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van "gelykheid" op die veld aangebreek het.

Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane staak en eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan produseer nie.

Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy begin en 'n miljoenêr word deur kos via welsynsorganisasies uit te voer na sy ou veld toe.


Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Datum
CorneanoniemAsseblief3/5/2008
REGTIG - soveel negatiwiteit!!! Wat het geword van 'n doel en plekkie vir elke spesie (lees nasie). Ook v leer 'n ander om vir hom self te sorg. Hier waar ek nou bly (in die hartjie vd stad Jozi)is daar hele klomp "sprinkane" wat vrek hard werk (meer as 12h per dag) om te kry wat hulle het, en NIE net 2ure per dag sommige dae nie. Kom by en laat ons saamwerk as een land, met een doel

Francois du Toitlsdetyger_at_telkomsa.netSaalboodskap1/23/2008
Ek was besig met die voorbereiding van my saalboodskap waarin ek Spreuke 6:6-9 gebruik. Toe ek meer inligting oor die mier soek, het ek op hierdie interessante weergawe afgekom. Baie dankie daarvoor!

Henk Sinderdinckhsinder_at_hetrnet.nlmiere en sprinkhaan11/12/2007
Ek dink dat meerdere lande in Afrika dieselfde probleme het. Miskien moet die sprinkhane in SA goed kyk in die na die andere lande sodat sy niet dieselfde foute maak.

Gerrie v Zylgiggel_at_anazi.co.zaOok 'n mier9/1/2007
Uitstekend - Die beste vergelyk wat ek nog gehoor het- welgedaan.

Margaret StraussAnonymousdie mier5/24/2007
ek het die storie ook geniet. toe ek sien dis my "van' genoot se site, het ek maar aangelees, al was ek op soek na 'n kiddie storie van 'n mier!!

Shirley Swanepoel Acknerackners_at_aol.comSprinkane maak wyn!2/17/2007
Het my amper dood gelag vir die storie! Very Good! Ek het nou die dag na 7thStreet Wine Company (hier in fort lauderdale, FL) gegaan om te soek vir SA wyn. Die eienaar vertel my toe dat Sui-Afrikaners maak nie meer goeie wyn nie. Hoekom, vra ek. Did they perhaps loose ground because of apartheid?, vra ek die man ( wat nogal n Britse aksent het!). Nee, se hy, dis omdat die sprinkane die miere se wineries oorgeneem het and they dont know how to make wine! Hartseer storie!

Laetitia van Aswegenlvanaswegen_at_mweb.co.zaMier & Springkaan1/31/2007
Dit is so 'n fantastiese vergelyking. Briljante uitbeelding van 'n baie "real time" situasie!

Gert van Kraayenburggertvk_at_klipfont@telkomsa.netDie Mier en die Sprinkaan1/14/2007
'n Oorgrote meerderheid Miere (2/3) sal nooit uit die verlede leer nie en kan blykbaar nie sien hoe die wonderlike veld en die oorgrensvelde lyk nie. Die Miere is geestelik blind en moreel verval en voed nou die sprinkane met goud en silwer en dus moet die arme miere nou dubbeld so hard werk om net so 'n klein bietjie voedsel in te samel en daarby net vuil besmette water drink.

Hannes barnardhannes.barnard_at_woodside.com.auSprinkaan9/18/2006
Ek soek inligting oor sprinkane vir Annelda se skooltaak en kom toe op hierdie verhaaltjie af.

Max KleynhansmaxatuitsiglandotcodotzaGoeie tye7/29/2006
het hierdie storie geinkorporeer in 'n modeling in matriek. Om die minste te se het ek 85% gekry! Dit was uitstekend

Melanie Hhiscockmelnaie_at_yahoo.co.ukGeneral Comment3/15/2006
briljant !!!!

Jaco Straussfeedback_at_strauss.za.commooi verhaal1/18/2006
Gemme ja, ons verstaan Nederlands heel maklik. Ek het al besoek aan Nederland en België gebring en het geen probleem gehad om my aan die plaaslike bevolking verstaanbaar te maak nie. Heelwat van ons voorouers het wel uit Nederland gekom, maar bykans net soveel uit Duitsland en Frankryk. Hollands was natuurlik die lingua franca aan die Kaap tot lank na die Britse besetting en uiteindelik het ons die Kaapse weergawe daarvan, oftewel Afrikaans, ons eie gemaak.

Gemmegemmeburger_at_home.nlmooi verhaal1/16/2006
Heel grappig om te zien hoe het nederlands door de ondekkingsreizigers naar zuid afrika zich ontwikkeld heeft. Veel woorden zijn korter. Met enige moeite begrijp ik jullie taal. Volgen jullie de nederlands taal ook? Jullie avontuurlijke voorvaderen komen daar vandaan.

Annemiek Leliejp.lelie_at_chello.nlGeneral Comment1/12/2006
prachtig verhaal

dM3Anonymouslol11/13/2005
nou nou, zelfs belgen kunnen dit lezen, maar dit afrikaans verdoezelt een beetje de clue vrees ik! lolzzzz groeten uit belgië

tessa5704_at_eversdal.co.zacrap10/24/2005
dis gemors

Hettie Blackhettie_at_delisolutions.comEmpatie7/6/2005
Ek het in die mier se voetspore gevolg en nooit teruggekyk nie.

Jaco Straussjaco_at_strauss.za.comNederlands5/28/2005
Natuurlik kan julle hier net soveel Hollands praat of skryf soos wat julle wil. Welkom hier by ons!

juuuwwAnonymousGeneral Comment5/27/2005
kan het ook in het nederlands?

Johan Pretoriusjohanpretorius_at_tuks.co.zaNETSO !!!11/8/2004
Ek sou nie self aan so 'n beskrywende artikel kon dink om dit beter te beskryf nie. Dis briljant! Welgedaan

Carl Sebastiaanoomkalie8_at_hotmail.commier&sprinkaan9/25/2004
Pragtig! Wanneer sien ons die volgende?

jonas en nickywa is dasprinkaan twee meter7/8/2004
twee meeter groot

Shanayocatje_at_hotmail.commier sprinkhaan5/11/2004
Geweldig taaltje hebben jullie!!! Ik kom uit België. Greetz

maaikeAnonymousGeneral Comment5/4/2004
hoi! wat hebben jullie een mooie taal. leuk om te lezen.

Izakizakf@xsinet.co.zaBegrip?3/8/2004
Hoe relevant die storie ookal is, is daar, net soos in die werklike lewe, nie `n poging van enige kant om die ander te verstaan nie. Moet ons sulke fabels nie dalk inspan om mense te lei na `n soeke vir begrip nie? Eerder as om dit aan te wend om net op die verkeerde te wys, kan ons seker so hier en daar `n mier, of springkaan kry wat sy eie ingesteldheid ondersoek? (net `n gedagte, want dit is slegs begrip wat ook ons toekoms rigting gee.)

Hannes Deetlefsdeetlefs@compuserve.comMiere en goeters3/8/2004
Netso!

rogerrogersla@pi.bedie mier1/21/2003
prachtig artikel

WillemAndriesbill@wam.co.zaMier & sprinkaan1/6/2003
Spel fout: In 'n oogwink is SANU-PF - die Sprinkaan Agtergeblewenes Nasaionale Unie moet wees: Nasionale KanadeseGroete

Jaco Straussfeedback@strauss.za.commier+sprinkaan1/3/2003
Dankie, dit is nou reggestel. Btw, die hele stuk is darem nie "Anoniem" nie. Ek het so bietjie aan die oorspronlike verander en verwerk.... nog voorstelle is dus ook baie welkom!

Leonora van Stadenleonora007@hotmail.commier+sprinkaan1/2/2003
5e paragraaf van onder: "daArdie". jy't een a vergeet. ;+) Origens 'n puik stukkie analogiese satire. Jammer die skrywer is anoniem. Ek sou graag die Orwellprys vir Relevante Fabels aan hom/ haar wou toeken.

Jaco Straussfeedback@strauss.za.comDagga Rook!!12/30/2002
Hi Jacques, ons kan definitief so 'n debat afskop. Miskien kan jy begin deur na die artikels Why drugs should be legalised en Prohibition the root of all evil te kyk en jou idees te gee. Ek sal daardie bladsye ook voorsien van die Forum funksionaliteit dan kan ons die debat daar voortsit...

Jacquesjacques@africabuzz.comDaaga Rook!!12/25/2002
Kan ons nie n besprekings punt instel van onderandere die gebruik van dagga vir mediese en onspannings redes nie.Dit verbaas my dat n groot hoeveelheid hoë profiel,profesionele bestuurs en besigheid persone dagga gebruik vir verskeie redes!!! Geseënde Kersfees Jacques Kruger Jacques@africabuzz.com

martin gouwsfs@dtpmail.co.zamier& sprinkaan9/30/2002
uitstekenende waarneming.kom ons kyk of ons die storie verder kan laat uitkring

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Vorige Artikel Reëls vir braai
Volgende Artikel Onbekostigbare Politieke Korrektheid

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek