Aangeleenthede Afrika WÍreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

Die mier en die sprinkaan

'n Afrika legende

Anoniem
27 Augustus 2002 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan hy en sy magdom kleintjies behoefte gehad het.

"Hoe kan die mier in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing bly, terwyl die arme sprinkane so ly?"
Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het nie - van honger en ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agter gelaat het.

Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil toe weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef.

'n Televisie-span maak hul opwagting en beeldsend tonele van die mier in sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wÍreld is stom geslaan.

"Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Hoe kan die mier in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing bly, terwyl die arme sprinkane so ly?"
... sprinkane is slagoffers van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking...
In 'n oogwink is SANU-PF - die Sprinkaan Agtergeblewenes Nasionale Unie vir Permanente Freters - gestig. (Die vrate het nie juis skool bygewoon nie en kon dus nie 'Vreters' so lekker spel nie :)

Hulle kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle gaan verder en eis dat die miere die kos wat hulle vanaf die oppervlakte gesteel het, teruggee aan die regmatige sprinkaan eienaars. 'n Protesoptog word geloods voor die miere se wonings en alle miere wat dit buite waag word aangeval.

Tydens 'n Televisie-onderhoud eis hulle dat indien daar nie gehoor gegee word aan hul griewe nie, hulle gedwing sal wees om hulle tot geweld te wend. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.

Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag deur te sÍ dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hul aangedoen het en dat hulle die sprinkane moet vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan 'n sprinkaan gedoen is.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel
GATSAK - Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding - verklaar dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin.

Die President verskyn op die agt-uur nuus en sÍ dat hy alles in sy vermoŽ gaan doen vir die sprinkane. Die arm sprinkane wat hul verdiende welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.

Die Regering plaas EEVA - Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes - op. Die miere word dadelik beboet omdat hulle nie genoegsaam groen insekte in hul diens het nie, en word gedwing om dadelik 'n "proporsionele hoeveelheid" in diens te neem.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel - drie in baie senior posisies met byvoordele - om die gras
... sprinkaan weglÍ aan die laaste bietjie van die mier se voedsel ...
in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag - net op die dae waarop hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd geoes het.

Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglÍ aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waarin hy bly - wat toevallig 'n leŽ miernes is - rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en blykbaar ook glad nie omgee nie.

Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe...
Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel het - sien die sprinkaan die President voor 'n klomp wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van "gelykheid" op die veld aangebreek het.

Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane staak en eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan produseer nie.

Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy begin en 'n miljoenÍr word deur kos via welsynsorganisasies uit te voer na sy ou veld toe.



Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Ligging
eduzwsqpjasongiles23674tgf_at_yahoo.com7ts5p98 insurance
nvue0c9x

q6sh6zqi

insurance

ozaz78ok

p6b1jml7

plzqmaswjasongiles23674tgf_at_gmail.comqyqe9ox insurance
r12tkz0c

hupp58sa

insurance

j3iukku3

orwwn1fx

Johenshawnm_at_groutbusters.comQnJtQFmkWLrktUvPeM
Stimme dem voll zu, bin aber weiterhin daffcr, keine Sanktionen nach Satzung zu verhe4ngen.Einfach weil es konenstsit ist. Dein T-Shirt-Mockup auf Twitter passt da mf6glicherweise sogar. Aber ich glaube, dass wir langfristig schaden davon tragen werden, wenn wir jedes Vorstandsmitglied, dass sich f6ffentlich kontrovers e4udfert rauszumobben. So schaffen wir ein Klima, dass nur noch die konventionellsten und glattesten Menschen ffcr ein Vorstandsamt kandidieren le4sst. Was das auf Lange Sicht erreicht, sieht man an den Grfcnen.Deswegen bin ich der Ansicht, dass ein gewe4hltes BuVo-Mitglied (solange er nicht selbst zurfccktritt) im Amt bleiben sollte, bis ein BPT ihn abwe4hlt. Da soll er noch so stur, noch so beratungsresistent sein und noch so dumm. Die Basis soll eine Lehre draus ziehen und das ne4chste Mal vielleicht nicht die grf6dfte Grinsebacke we4hlen. (Wobei man auch zugeben muss, dass die Situation in Hamburg relativ einzigartig war)Amtsenthebung steht dem Vorstand offenbar zu, allerdings sehe ich das e4udferst kritisch, gerade in Hinblick auf die Zukunft. Ein Vorstand, der einfach eigene Mitglieder aussortieren kann, will ich nicht haben.Denkt immer dran, dass die Fronten auch anders herum verlaufen kf6nnen, und zB der unpopule4re Vorstand ein unbequemes (aber bei der Basis beliebtes) Vorstandmitglied rausmobbt und dann wegen einem Vergehen rauswirft. Ffcr mich kein erstrebenswerter Zustand und ein nicht tragbarer Kollateralschaden des jetzigen Falls.Parteiausschluss sehe ich auch kritisch (zuse4tzlich zu den obigen Punkten bzgl Amtsenthebung), da ich denke, dass es unter 12000 Leute so einige gibt, die kontroverse Ansichten vertreten. Ich bin daffcr, dass sie diese vertreten kf6nnen, auch wenn ich sie verwerflich finde. Frei nach Voltaire. Dass jetzt jemand, nur weil er Vorstand und kein Basispirat ist, aus der Partei geworfen werden soll (und das aufgrund von einer Meinungse4udferung) finde ich e4udferst bedenklich.Denkt auch bitte daran, dass wir solche Debatten nicht mehr ffchren werden, wenn wir eine Art impliziten Maulkorb verhe4ngen. Ich denke, dass Debatten bei aller Kontroversen am Ende positiv sind, weil alle Beteiligten etwas voneinander lernen. Wenn wir nicht mehr voneinander lernen und nicht mehr debattieren, wird das eine Ffchrungsriege ffcr uns tun. So ist es in allen anderen Parteien. Ein Zustand, den ich nicht will.Eine Madfnahme, die ich unterstfctzen wfcrde, we4re die Entbindung von Aufgaben durch c4nderung der Gesche4ftsordnung. Das war ja auch so angedacht auf der BuVo-TelKo, leider wurde es offenbar wegen irgendwelcher Grfcnde nicht umgesetzt. Unzule4ngliche aus meiner Sicht. Seine Pflichten aus der Beauftragung durch den BuVo hat er offensichtlich nur unzureichend erffcllt. Das rechtfertigt aber keine Amtsenthebung oder Parteiausschluss.

Bettiebettie51_at_webmail.co.zaDie mier en die sprinkaan
Briljant! Ek gee onderwys in Thailand en was op soek na liedjies vir 'n toneeltjie wat ek saamstel oor insekte. Was juis besig met die deel van die mier toe ek hierop afkom. Dit het my herinner aan my rede om die land te verlaat. Dankie daarvoor!

Etienne Swemmerswemmer74_at_telkomsa.netVoorspelling
Kon die skrywer van die storie dan in die toekoms in sien??

Mareehedgie_at_worldonline.co.zaMier & Sprinkaan
Het lekker gelees en gedog dis 'n wonderlike storie totdat ek (dumb blond!) besef het waaroor dit gaan! Beslis rasisties en baie negatief ... Dit is artikels soos die wat Suid-Afrika nog steeds in die gemors dompel...

hesudane martinw-sidereno_at_iway.naspringkane
ek doen n mondelings taak ek kom op dit af.

Jan Wesselsjwb.wessels_at_gmail.comMier & Sprinkaan
Briljant gestel. Ek geniet die Nederlanders & Belge se kommentaar. My voorouers was blykbaar Flaams. Groete en moenie ophou nie!

Heidijohnve_at_telkomsa.netGaan kyk na die mier, luiaard!
Dit is 'n briljante artikel. Wou eintlik net uitvind wat die 'Hierarchy' van miertjies is, toe gryp die artikel my so aan dat ek skoon vergeet het wat ek eintlik moes doen vir my Gr5 se toespraak! Dankie vir goeie en kunsinnige breine wat sulke goed kan uitdink.

CorneanoniemAsseblief
REGTIG - soveel negatiwiteit!!! Wat het geword van 'n doel en plekkie vir elke spesie (lees nasie). Ook v leer 'n ander om vir hom self te sorg. Hier waar ek nou bly (in die hartjie vd stad Jozi)is daar hele klomp "sprinkane" wat vrek hard werk (meer as 12h per dag) om te kry wat hulle het, en NIE net 2ure per dag sommige dae nie. Kom by en laat ons saamwerk as een land, met een doel

Francois du Toitlsdetyger_at_telkomsa.netSaalboodskap
Ek was besig met die voorbereiding van my saalboodskap waarin ek Spreuke 6:6-9 gebruik. Toe ek meer inligting oor die mier soek, het ek op hierdie interessante weergawe afgekom. Baie dankie daarvoor!

Henk Sinderdinckhsinder_at_hetrnet.nlmiere en sprinkhaan
Ek dink dat meerdere lande in Afrika dieselfde probleme het. Miskien moet die sprinkhane in SA goed kyk in die na die andere lande sodat sy niet dieselfde foute maak.

Gerrie v Zylgiggel_at_anazi.co.zaOok 'n mier
Uitstekend - Die beste vergelyk wat ek nog gehoor het- welgedaan.

Margaret StraussAnonymousdie mier
ek het die storie ook geniet. toe ek sien dis my "van' genoot se site, het ek maar aangelees, al was ek op soek na 'n kiddie storie van 'n mier!!

Shirley Swanepoel Acknerackners_at_aol.comSprinkane maak wyn!
Het my amper dood gelag vir die storie! Very Good! Ek het nou die dag na 7thStreet Wine Company (hier in fort lauderdale, FL) gegaan om te soek vir SA wyn. Die eienaar vertel my toe dat Sui-Afrikaners maak nie meer goeie wyn nie. Hoekom, vra ek. Did they perhaps loose ground because of apartheid?, vra ek die man ( wat nogal n Britse aksent het!). Nee, se hy, dis omdat die sprinkane die miere se wineries oorgeneem het and they dont know how to make wine! Hartseer storie!

Laetitia van Aswegenlvanaswegen_at_mweb.co.zaMier & Springkaan
Dit is so 'n fantastiese vergelyking. Briljante uitbeelding van 'n baie "real time" situasie!

Gert van Kraayenburggertvk_at_klipfont@telkomsa.netDie Mier en die Sprinkaan
'n Oorgrote meerderheid Miere (2/3) sal nooit uit die verlede leer nie en kan blykbaar nie sien hoe die wonderlike veld en die oorgrensvelde lyk nie. Die Miere is geestelik blind en moreel verval en voed nou die sprinkane met goud en silwer en dus moet die arme miere nou dubbeld so hard werk om net so 'n klein bietjie voedsel in te samel en daarby net vuil besmette water drink.

Hannes barnardhannes.barnard_at_woodside.com.auSprinkaan
Ek soek inligting oor sprinkane vir Annelda se skooltaak en kom toe op hierdie verhaaltjie af.

Max KleynhansmaxatuitsiglandotcodotzaGoeie tye
het hierdie storie geinkorporeer in 'n modeling in matriek. Om die minste te se het ek 85% gekry! Dit was uitstekend

Melanie Hhiscockmelnaie_at_yahoo.co.ukGeneral Comment
briljant !!!!

Jaco Straussfeedback_at_strauss.za.commooi verhaal
Gemme ja, ons verstaan Nederlands heel maklik. Ek het al besoek aan Nederland en BelgiŽ gebring en het geen probleem gehad om my aan die plaaslike bevolking verstaanbaar te maak nie. Heelwat van ons voorouers het wel uit Nederland gekom, maar bykans net soveel uit Duitsland en Frankryk. Hollands was natuurlik die lingua franca aan die Kaap tot lank na die Britse besetting en uiteindelik het ons die Kaapse weergawe daarvan, oftewel Afrikaans, ons eie gemaak.

Gemmegemmeburger_at_home.nlmooi verhaal
Heel grappig om te zien hoe het nederlands door de ondekkingsreizigers naar zuid afrika zich ontwikkeld heeft. Veel woorden zijn korter. Met enige moeite begrijp ik jullie taal. Volgen jullie de nederlands taal ook? Jullie avontuurlijke voorvaderen komen daar vandaan.

Annemiek Leliejp.lelie_at_chello.nlGeneral Comment
prachtig verhaal

dM3Anonymouslol
nou nou, zelfs belgen kunnen dit lezen, maar dit afrikaans verdoezelt een beetje de clue vrees ik! lolzzzz groeten uit belgiŽ

tessa5704_at_eversdal.co.zacrap
dis gemors

Hettie Blackhettie_at_delisolutions.comEmpatie
Ek het in die mier se voetspore gevolg en nooit teruggekyk nie.

Jaco Straussjaco_at_strauss.za.comNederlands
Natuurlik kan julle hier net soveel Hollands praat of skryf soos wat julle wil. Welkom hier by ons!

juuuwwAnonymousGeneral Comment
kan het ook in het nederlands?

Johan Pretoriusjohanpretorius_at_tuks.co.zaNETSO !!!
Ek sou nie self aan so 'n beskrywende artikel kon dink om dit beter te beskryf nie. Dis briljant! Welgedaan

Carl Sebastiaanoomkalie8_at_hotmail.commier&sprinkaan
Pragtig! Wanneer sien ons die volgende?

jonas en nickywa is dasprinkaan twee meter
twee meeter groot

Shanayocatje_at_hotmail.commier sprinkhaan
Geweldig taaltje hebben jullie!!! Ik kom uit BelgiŽ. Greetz

maaikeAnonymousGeneral Comment
hoi! wat hebben jullie een mooie taal. leuk om te lezen.

Izakizakf@xsinet.co.zaBegrip?
Hoe relevant die storie ookal is, is daar, net soos in die werklike lewe, nie `n poging van enige kant om die ander te verstaan nie. Moet ons sulke fabels nie dalk inspan om mense te lei na `n soeke vir begrip nie? Eerder as om dit aan te wend om net op die verkeerde te wys, kan ons seker so hier en daar `n mier, of springkaan kry wat sy eie ingesteldheid ondersoek? (net `n gedagte, want dit is slegs begrip wat ook ons toekoms rigting gee.)

Hannes Deetlefsdeetlefs@compuserve.comMiere en goeters
Netso!

rogerrogersla@pi.bedie mier
prachtig artikel

WillemAndriesbill@wam.co.zaMier & sprinkaan
Spel fout: In 'n oogwink is SANU-PF - die Sprinkaan Agtergeblewenes Nasaionale Unie moet wees: Nasionale KanadeseGroete

Jaco Straussfeedback@strauss.za.commier+sprinkaan
Dankie, dit is nou reggestel. Btw, die hele stuk is darem nie "Anoniem" nie. Ek het so bietjie aan die oorspronlike verander en verwerk.... nog voorstelle is dus ook baie welkom!

Leonora van Stadenleonora007@hotmail.commier+sprinkaan
5e paragraaf van onder: "daArdie". jy't een a vergeet. ;+) Origens 'n puik stukkie analogiese satire. Jammer die skrywer is anoniem. Ek sou graag die Orwellprys vir Relevante Fabels aan hom/ haar wou toeken.

Jaco Straussfeedback@strauss.za.comDagga Rook!!
Hi Jacques, ons kan definitief so 'n debat afskop. Miskien kan jy begin deur na die artikels Why drugs should be legalised en Prohibition the root of all evil te kyk en jou idees te gee. Ek sal daardie bladsye ook voorsien van die Forum funksionaliteit dan kan ons die debat daar voortsit...

Jacquesjacques@africabuzz.comDaaga Rook!!
Kan ons nie n besprekings punt instel van onderandere die gebruik van dagga vir mediese en onspannings redes nie.Dit verbaas my dat n groot hoeveelheid hoŽ profiel,profesionele bestuurs en besigheid persone dagga gebruik vir verskeie redes!!! GeseŽnde Kersfees Jacques Kruger Jacques@africabuzz.com

martin gouwsfs@dtpmail.co.zamier& sprinkaan
uitstekenende waarneming.kom ons kyk of ons die storie verder kan laat uitkring

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Previous Article ReŽls vir braai
Next Article Onbekostigbare Politieke Korrektheid

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek