Aangeleenthede Afrika Węreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

Stil, broers, daar gaan ´n kortbroek verby

Van Schalkwyk se politieke selfmoord

Koos Kombuis
Rapport (Perspektief, p 27)
11 November 2001 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Koos Kombuis mors so bietjie met Marthinus van Schalkwyk. En face dit, dis nie moeilik nie ;-)


Geskiedenis was nie een van my gunstelingvakke op skool nie, maar ek onthou dat daar sekere hoofstukke in my (toe nog) standerd agt- en nege-handboeke was wat dikwels my verbeelding aangegryp het.
Geskiedenis was nie een van my gunstelingvakke nie...

Een hiervan was die verhaal van die Franse Revolusie. 'n Ander was die Bostonse teepartytjie. Dit het my gefassineer dat 'n revolusie in die een land tot grootskaalse bloedvergieting kan lei, en in 'n ander land tot 'n teepartytjie.

Moontlik het ek nie my geskiedenishandboek reg verstaan nie. Maar ek onthou tot vandag toe die prentjies wat ek in my verbeelding gevorm het helaas heeltemal onakkuraat van groot oomblikke in die ontwikkelingsgang van die mensdom.
Ek dink hulle sal dit noem Die Nasionale Selfmoord Van Die Nuwe Nasionale Party....

Die hoofstuk wat my meer as enigiets anders gefassineer het, was getiteld "Die Nasionale Selfmoord Van Die Xhosa". In hierdie hoofstuk is die bisarre verhaal vertel van hoe die hele Xhosa-volk om die bos gelei is deur 'n jeugdige profetes ek kan nie haar naam onthou nie en hoe hulle uit eie vrye wil hul jaarlikse oes vernietig het omdat hulle geglo het dat die son op 'n sekere datum aan die verkeerde kant sou opkom en dat die wit mense dan verslaan sou word.

Gripping stuff, hierdie, en noudat ons groter perspektief het op die saak, blyk haar profesie nie absoluut onwaar te wees nie; die wit mense se politieke mag is eindelik in die see gewerp. Nie omdat die son aan die westekant opgekom het nie, maar omdat ons iets anders beleef het wat nogal baie ooreenstem met Die Nasionale Selfmoord Van Die Xhosa.

Ek weet wat hierdie nuwe hoofstuk in ons geskiedenis waarskynlik genoem sal word in toekostige geskiedenis-handboeke. Ek dink hulle sal dit noem Die Nasionale Selfmoord Van Die Nuwe Nasionale Party.

O, die gebeure van die afgelope tyd het my vreeslik laat terugverlang na F.W. de Klerk. En 'n mens moet werklik ver gedryf word voordat jy begin terugverlang na F.W. de Klerk. Maar dit is nou eenmaal so dat ek aan niemand anders kan dink wat hierdie gemors kan kom skoonmaak nie.
Ons was seker die enigste groep mense wat uit vrye wil ... van 'n diktatorskap afgesien het om die mag oor te gee ....

Sjoe!

Ek skryf hierdie rubriek lank voor sy sperdatum. Dit is vandag eers Vrydag van voorverlede week. Ek wil nie in die week wat voorlê, enige koerante lees nie. Ek wil my oë toeknyp en iewers gaan wegkruip waar daar geen telefone of TV's is nie. En dis nie omdat ek bang is vir die Derde Wêreldoorlog nie; die Derde Wêreldoorlog is nou al ou nuus, almal is gewoond daaraan. Dis ook nie omdat ek bang is die Springbokke verloor teen Frankryk nie. Dis omdat ek wil ween oor my volk.

Kan jy dit nou glo, hier is ons, een van die talentvolste, knapste, oulikste klompie mense in die hele wêreld, ons het kunstenaars en denkers en magnate en sporthelde en lekker ouens soos Johannes Kerkorrel, Kerneels Breytenbach, Pieter-Dirk Uys, Anton Rupert, Joost van der Westhuizen en Ben Dekker (om maar net die paar te noem aan wie ek vinnig kon dink).

Ons het Suid-Afrika ekonomies opgebou van 'n derdewêreldland tot 'n eerstewêreldland. Ons was seker die enigste groep mense wat uit vrye wil hul eie politieke foute erken het en van 'n diktatorskap afgesien het om die mag oor te gee aan ander mense in dieselfde land. Ons het hierdie proses verwoord in boeke deur Antjie Krog, Willem de Klerk en Chris Louw. Ons verteenwoordig vele standpunte en benaderings.

En, onder al hierdie begaafde mense kon ons op niemand anders besluit om ons party te lei as Marthinus van Schalkwyk nie.
(Marthinus) sal dalk goed vaar as ... voorligting-onderwyser, of 'n kassier in die Poskantoor....

No offence intended, maar is dit nie 'n bietjie soos om Casper de Vries te kies as Springbok-stut nie?

Ek is seker Marthinus is eintlik 'n nice ou. Ek is seker hy het sy talente. Hy sal dalk goed vaar as 'n neef in die Voortrekkers, of voorligting-onderwyser, of 'n kassier in die Poskantoor, of 'n rep wat selfoonkontrakte verkoop. Pleks daarvan om hom toe te laat om 'n loopbaan te volg wat pas by sy intelligensie en temperament, het ons hom verkies om ons hoogste politieke aspirasies te verteenwoordig op nasionale vlak.

En hy het Die Selfmoord Van Sy Eie Party gepleeg. Eiehandig. Die Genadedood. Die Laaste Steek. Die Uitstap Nêrens Heen Nie. Die Harakiri Van Harakiri's. 'n Daad van selfvernietiging wat mens kan vergelyk met die sabotasie van die World Trade Center deur twee bombeskokte Arabiese loodse (amper vloek ek). En byna so skouspelagtig.

Versagtende omstandighede was daar sekerlik. Ek kan glo dat Marthinus warm onder die kraag geraak het oor Tony Leon. Leon het 'n groot fout gemaak deur vanaf Dag Een die toevoeging van die NNP tot sy eie geledere met iets soos minagting te bejeën. Vir 'n party wat smag na bruin en swart stemme het hy verstommende kortsigtigheid geopenbaar. Want saam met hom het die NNP 'n magdom bruin stemme in die Wes-Kaap gebring om by te dra tot die DA se arsenaal. Ek vermoed dat Leon nie werklik besef het dat die nuwe hond in sy agterplaas, sou 'n mens hom reg grootmaak, 'n bulhond sou kon word eerder as 'n malteespoedeltjie nie.
Tog net jammer Marthinus laat mens onwillekeurig dink aan 'n malteespoedeltjie....

Tog net jammer Marthinus laat mens onwillekeurig dink aan 'n malteespoedeltjie eerder as 'n bulhond.

Die daad is nou gedoen, en ons sal ander strategieë moet kry, ander paaie, nuwe leiers. Want nooit weer sal die NNP 'n faktor in ons politiek wees nie. Tony Leon was ge¨rriteerd met die poedeljie se geblaf; die ANC, om nie te praat van die kiesers nie, gaan hierdie selfde poedeltjie vir brekfis eet.

Ons kan maar net hoop dat hulle ook binnekort 'n Nasionale Selfmoord pleeg. Al die tekens is daar dat hulle wel so iets beplan.


Hoe het Koos Kombuis gevaar?
Pateties Belaglik Onsamehamgend Gemiddeld Goed Uitstekend Onverbeterlik

Benodig nog stemme vir realistiese gemiddeld



Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Ligging
Bagusweif4npx9i_at_yahoo.comuOBNzHpbZZhdAaj
Buenas Noches DavidMe da mucho gusto conocerte.Quiero agrcedaerte tu interes.Tengo muchos deseos de pertenecera tu equipo de trabajo ya que me parece una estrategia muy buena la que estas utilizando.Quisiera que me mandaras por favor los negocios a los que debo afiliarme y los pasos que debo seguir para pertenecer a tu equipo.CORDIALMENTEIsabel Garces

Lucasdie0m9x4ibm_at_outlook.comVglNHavNMHjlaNSoT
I know of excellent and very fancy wndideg photography company’s website is . lcdphotography. Trance you press on the door, you can see all kinds of wndideg photography and magazines that are listed in

Jaco Straussfeedback_at_strauss.za.comNuwe Funksionaliteit
Ek hierdie funksionaliteit pas by hierdie ou bladsy gevoeg. Beoordeel vir Koos en/of lug jou mening!

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Previous Article Onbekostigbare Politieke Korrektheid
Next Article Regstellende aksie in Sanlam reeds 1995

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek