Aangeleenthede Afrika Wêreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

Finale stuiptrekkings van 'n vuisvoos, ideolgies-bankrot dinasaurus

'Nuwe' NNP oorhandig Wes-Kaap aan die ANC

Jaco Strauss
14 Oktober 2002 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Die NP het misluk as regering, onderhandelaars en opposisie
Die Grondwetlike Hof-beslissing wat politici toelaat om 'oor te loop' sonder om hul setels te verloor verleen 'n skyn van eerbaarheid aan van die mees opportunistiese wetgewing nog. Die ANC/SAKP/Cosatu/NNP alliansie sou dit nooit deurgevoer het as dit nie tot hul voordeel was nie. Aangesien die ANC self sukkel om sy parlementêre stemvee in toom te hou, geld die klousule slegs 2 weke.

In 1999 is die NNP gerelegeer tot die vierde grootste politieke party. Vir 'n party wat misluk het as regering, onderhandelaars en opposisie het dit die einde voorspel. Die kiesers het die rug gekeer op die nuttelose reste van 'n vuisvoos en ideolgies-bankrot dinasaurus. Dit was duidelik dat diegene wat 'n opposisiestem teen die misdaad, korrupsie, Zimbabwe beleid, ens. wou uitbring, nie die weelde van 'n versplinterde opposisie kon bekostig nie. Die DP was dus die logiese keuse.

Die NP/NNP/NNNP het nog altyd sy seile soos die wind gespan...
Vanweë die behoefte aan 'n sinergistiese konsolidering van die opposisie, het die DP 'n hand van vriendskap na die NNP uitgereik. Die nuutgevormde DA het in die daaropvolgende plaaslike verkiesings in heelwat wyke bykans 100% van die stemme op hom verenig.

Strand-Noord is so 'n wyk en ons DA-raadslid, Chris Hattingh, is gelukkig 'n man met integriteit. Sy volharding met ons mandaat staan in skrille kontras met die verraad van sy eertydse kollegas. Maatje Ellmann het selfs sover gegaan om te sê dat sy geensinds belangstel in die opposisiebanke nie. Die feit dat sy 'n opposisie wyk verteenwoordig weeg by haar nie so swaar soos 'n paar silwer munte nie.

Die NNP is lief om aan sy ondersteuners voor te gee dat hulle die ANC van "binne gaan verander". Vir 'n party wat nie eers die DA van binne kon verander is die Rubicon nou in vloed. Die NP/NNP/NNNP het nog altyd sy seile soos die wind gespan, maar die keer het hulle die wind heeltemal verkeerd gelees en is oppad rotse toe. En niemand gaan weer so naïef wees om hulle hierdie keer uit 'bail' nie.

Die finale ontbinding van die veradderlike 'nuwe' (Nuwe) Nasionale Party kan nie 'n dag te vroeg geskied nie.


Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Datum
VisitorAnonymousGeneral Comment9/28/2007
sfrfuzdbhnm,nmchxnxfvh;ouyrwqdfdrffgggggffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffffff

davararash_d_a@hotmail.comarash2/10/2003
cool

danieldanievdmerwe@hotmail.comdie bg.12/25/2002
Hoe lank gaan die stupid sinnelose politieke bullshit nog deel wees van SA?Sedert die groot trek het Suid Afrikaners al omtrent altyd eskil en gestry.Die voormalige SA "slogan"EENDRAG MAAK MAG".Wat n joke.Die "mindset van die gemiddelde Suid Afrikaner en in besonder die van die ARIKAANSE agtergrond,is in my opinie gefok.Dis waarom die VSA is wat dit is.n Superpower,alhoewel dit nie te goed afgaan in baie mense in die wereld nie.Die "can do"attitude is wat dit maak wat dit is.SA aan die anderkant,is die narrowminded fuckup society.Dus,geen wonder politiek en ongelukkig sport ly onder die shit nie.Dus:SA?Trek af en plak toe.Die laasre een uit die land,skael die lig af.Thats all folks.

Juanita jdutoit@sabias.co.zaNP het misluk as regering10/18/2002
Lekker, sê die klomp moffies. Ons word die bottel en die genie belowe en as dit op die push kom vryf hulle ons bottel, gryp die genie en gee dit vir die vyand. Ek sal verseker nie vir hulle stem nie. Ten minste is Patricia DeLill iemand wat by haar woord, hou, en maak soos sy sê. Laat jou woder as jy na die res van die narre kyk.

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Vorige Artikel National Scouts en Nasionale Party - Vinkel en Koljander
Volgende Artikel Onbekostigbare Politieke Korrektheid

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek