|
|
Aangeleenthede | Afrika | Wêreld | Filosofie | Afrikaans | Ontspanning | Algemeen |
| 5 Oktober 1995 | E-pos die bladsy aan 'n vriend |
Vroeg Oktober 1995 het ek as werknemer van Sanlam hierdie vraelys ontvang. Die blatande rassisme het my dwars in die krop gesteek en ek kon dus nie anders as om te antwoord nie. Wat hieronder volg is die eerste rowwe antwoord wat ek opgetrek het.My uiteindelike antwoord (as ek reg onthou) was bietjie meer volledig en (hopelik) meer elegant uiteengesit alhoewel ek onthou dat ek baie amper op punt 5 geantwoord het:
"Hoekom vat ons hulle nie uit en skiet hulle nie!!"
In ieder geval, ek het nooit enige terugvoer gekry nie. Ek het later met mnr Papier kontak gemaak om te hoor wanneer ek enige antwoord kan verwag, maar is meegedeel dat hy hom nie kan herinner dat hy my insette ontvang het nie!!
10/07/2002
REGSTELLENDE AKSIE & BESTUUR VAN DIVERSITEIT IN SANLAM
U is bewus van die feit dat Sanlam besig is om 'n dokument saam te stel waarin die beleid ten opsigte van REGSTELLENDE AKSIE in Sanlam duidelik uitgespel word. Om van hierdie proses 'n sukses te maak vra ek, as skakelpersoon vir toesighouervlak (PG8) in die taakgroep, u insette/voorstelle ten opsigte van die aangehegte begrippe.
Stuur asb u kommentaar sodat dit my kan bereik voor Donderdag, 5 Oktober 1995. U kommentaar sal vertroulik hanteer word en u hoef nie u naam te verstrek nie.
Dankie
Nicolaas Papier
Bemarking : Administrasie : Stelselbeplanning
BB0088
Suid Sentraal 3
X3509
1. Hoekom 'n strategie van regstellende aksie?
Apartheid was "social engineering" waaronder sekere groepe bo ander bevoordeel is. Individue is misken en teen gediskrimineer. Dié stelsel is beskryf as 'n "crime against humanity" Presies dieselfde word egter nou onder sogenaamde "regstellende" aksie gedoen. 'Groepe' word steeds bo 'individue' gestel en wéér word daar teen individue gediskrimineer suiwer op grond van 'n persepsie oor die groep waartoe hulle geag word te behoort.
Onder WARE regstellende aksie behoort persone met onvoldoende skoling bygestaan te word om deur middel van opleiding in staat gestel te word om as individue met ander individue te kan meeding.
2. Wie behoort voordeel te trek uit regstellende aksie?
Alle persone wat nie die opleiding gekry het om sy/haar vermoë ten volle te benut nie. Om sekere ras-, godsdiens-, gebreks- en ander groepe uit te sonder is per definisie diskriminerend en sê verder dat hulle te pateties is om op gelyke vlak mee te ding met ander. Onder sogenaamde "regstellende" aksie moet almal bevoordeel word behalwe ekonomies-aktiewe blanke mans. Dit is egter onmoontlik om 97% van die land op te hef deur teen die ekonomies-waardevolste 3% te diskrimineer!
3. Watter terminologie behoort Sanlam te gebruik om die verskillende kultuurgroepe te identifiseer?
Aangesien daar na individue gekyk behoort te word is terminologie vir kultuurgroepe totaal irrelevant. Was ons nie destyds almal veheug toe die gewraakte Bevolkingsregistrasiewet geskrap is nie?!?!4. Is regstellende aksie nie bloot omgekeerde apartheid nie? (Die Eng was effens anders: Is AA reverse discrimination?)
Nie soos ek WARE regstellende aksie sien nie. Soos sg "regstellende" aksie egter in die meeste gevalle toegepas word is dit definitief diskriminasie. Niks "omgekeerds" daaraan nie. Diskriminasie is diskriminasie. Om mense op grond van kwotas aan te stel het in elk geval klaaglik misluk waar dit ookal probeer is. "Window dressing" en "Tokenism" breek mense se selfbeeld net nog verder af.5. Wat moet die toekomstige beleid wees m.b.t. blanke mans in die maatskappy.
Ek is 'n individu. Om my te "tag" as 'n 'blanke man' herinner my sterk aan die bevolkingsregistrasiewet. Sogenaamde "regstellende" aksie soos wat dit tans toepassing vind institusionaliseer rasse-spanning, rassisme, minderwaardigheid en negatiewe persepsies.PS Ek sluit vir u 'n hoofstuk oor rassisme uit Ayn Rand se The Virtue of Selfishness in.
Besoekerskommentaar |
|||
| Naam | E-pos | Onderwerp | Datum |
| Koshj | nldsa_at_sajkh.com | Koshj | 5/3/2006 |
| Very good site! I like it! Thanks! | |||
| rewe | nwersdsa_at_wersah.com | rewe | 4/30/2006 |
| Very good site! I like it! Thanks! | |||
| rewe | nwersdsa_at_wersah.com | rewe | 4/30/2006 |
| Very good site! I like it! Thanks! | |||
| Awie Botha | abotha_at_anglogold.com | Regstellende Aksie !? | 3/27/2004 |
| Is dit nou deel van Demokrasie of Outokrasie of Kominustiese Sosialisme ? Geen erkenning word gegee tot die stigting, opbou, sukses van Sanlam en bydrae tot ons land se belastingkoffers wat oorspronklik Blanke Mans se idee en dryf was nie. Nee Wat !, ek beplan in elk geval om al my beleggings te onttrek uit Sanlam, want iewers is daar n reukie. | |||
| Leonora van Staden | leonora007@hotmail.com | Regstellende kaksie | 1/7/2003 |
| Dis skokkend dat Sanlam die vermetelheid het om 'n vraag te stel soos "Wat moet die toekomstige beleid wees m.b.t. blanke mans in die maatskappy". Dis uiters degenererend, selfs teenoor mense wat nie aan die groep behoort nie! Hoe kan daar 'n spesifieke beleid vir blanke mans wees? Wat maak hulle uitsonderlik? Vrae soos "Wat moet die toekomstige beleid m.b.t. mollige middeljarige skoonmakers wees?" moes dan ook gevra word. Selfs al diskirimineer die vraag teen mans, sonder dit steeds mans uit en maak spesiale toegewing (al is dit negatief) vir hulle. En is dit weer diskriminerend teen ander ras/ geslagsgroepe. Hierdie is een geval waar feminisme deeglik tot mans se voordeel aangewend kon word. En mens sou Sanlam heeltemal skaakmat kon maak daarmee. Die enigste probleem is net dat hulle dit eers sou besef as die bord al weggepak was... | |||
| Vorige Artikel | "NP is meesters van magsoorgawe" |
| Volgende Artikel | Onbekostigbare Politieke Korrektheid |
| TUISTE | Heelbo | Terug | Druk | E-pos dit | E-Pos ons | Gasteboek |