|
|
Aangeleenthede | Afrika | Wêreld | Filosofie | Afrikaans | Ontspanning | Algemeen |
| 7 - 23 Junie 2004 | E-pos die bladsy aan 'n vriend |
Die Suid Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk het besluit om die Hugenote Tonnel na Dulah Omar te vernoem. Geleentheid is gebied om beswaar aan te teken en ek het dan ook besluit om daarvan gebruik te maak.Hieronder volg die korrepondensie.
Die Suid Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk is van voorneme om die name van die volgende structure te verander ter herinnering aan ons ontslape Agbare Minister Abdulah M Omar, LP:
- E B Cloete Wisselaar in KwaZulu Natal op die N2; en
- Huguenote Tonnel in die Wes-Kaap op die N1.
Dit word voorgestel dat beide die padstrukture onderskeidelik herbehoem word as die Abdulah M Omar Wisselaar en Tonnel.
In terme van artikel 4(1)(b) van die "Promotion of Administrative Justice Act 2000", (Wet 3 van 2000), nooi die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk alle lede van die publiek uit om voorleggings of besware in te dien teen die voorgestelde herbenoemings binne 21 dae vanaf die datum van publikasie van hierdie kennisgewing.
Alle voorleggings of besware moet gestuur word aan:
Mnr Nazir Alli
Hoof Uitvoerende Beampte
Suid Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk
Posbus 415, PRETORIA 0001
Ditsela Place, Parkstraat 1204, HATFIELD,
PRETORIA 0083
Tel: (012) 426 6000
Geagte Mnr Alli
Dit is dan ook ironies dat hierdie voorstel op sigself dien as verdere bewys dat die Hugenote 'n baie groter nalatenskap gelaat het as die Minister self. Sou u nie met my saamstem dat dit 'n baie groter eer vir 'n politikus is wanneer die vrugte van sy eie arbeid na hom vernoem word as wat dit sou wees om post mortem met ander se kalwers te ploeg nie?
Ek vertrou dat rede sal seëvier en dat hierdie belaglike voorstel van die Suid Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk verwerp sal word met die minagting wat dit verdien.
Jaco Strauss
Faks (012) 362 2116
e-pos: silva@nra.co.za
My aanvanklike beswaar was as volg.
From: Jaco Strauss
Sent: Monday, June 07, 2004 4:15 PM
To: Susan Silva (HO)
Subject: Het Omar nie eers EEN wisselaar gebou nie?
Die voorgestelde naamsverandering van die Hugenote Tonnel is 'n klap in die gesig - nie net van die afstammelinge van die Hugenote self, soos ek nie, maar inderdaad van die ontslape minister self. Probeer u departement voorgee dat Minister Omar ABSOLUUT NIKS in sy ampstermyn gedoen het nie!? Nie net wil julle die Hugenote Tonnel na hom vernoem nie, maar selfs die E B Cloete Wisselaar in KwaZulu Natal. Is daar dan nie eers EEN wisselaar is sy tyd gebou wat sy naam kan dra nie?
Die huidige regering is baie lief om alles wat sleg is op die vorige bedeling te blameer. Tog interessant hoe vinnig hulle spring om strukture uit daardie bedeling te misbruik wanneer hulle politieke opportunisme van tyd tot tyd die oorhand kry.
Afstammeling van Jean Prieur DU PLESSIS, Jacques MOUTON, Charles MARAIS en verskeie ander Hugenote