Aangeleenthede Afrika Wêreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

Etiket vir 'n suksesvolle braai

Onthou braai is nie 'n geval van lewe en dood nie, dit is baie ernstiger as dit.

Anoniem
20 Augustus 2002 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Maak seker of dit 'n bring-en-braai is en of die gasheer/braaier die vleis gaan voorsien. In laasgenoemde geval, mag jy steeds nie met leë hande opdaag nie. Bied aan om slaai, poeding of skyfies te bring. 'n Bottel wyn, of jou gasheer se gunsteling sixpack sal ook nie onvanpas wees nie.

Free Range Chicken Flatties is nie iets wat jy na 'n bring-en-braai toe vat nie
Vind uit wat jou gasheer gaan braai. As hy tjops braai, vat jy tjops saam ens. Dit vergemaklik net die braai proses en laat meer drink tyd vry. 'n Ma-se-moerse steak en groot pak Free Range Chicken Flatties is nie iets wat jy na 'n bring-en-braai toe vat nie!

Besluit voor jy ry na die braai toe of jy 'n man of 'n vrou is. As jy 'n man is sorg dan dat jy by die braaier/braai staan. Die enigste uitsondering op die reël is as jy die enigste mens by die braai is wat 'n Wes Kaspiese slang eier slaai kan maak, dan en alleen dan mag jy vir die duur van die slaai maak proses in die kombuis vertoef.

Tensy jy die Wêreld Braai Kampioen is, mag jy nie raad gee aan die braaier nie
'n Braaier mag glad nie alleen by die braai wees nie, no matter what! Die braai begin met maak van die vuur, nie wanneer die vleis opgesit word nie.

Dit is jou plig as nie-braaier om te sorg dat die braaier en sy gade se glase altyd 'n redelik mate van vog bevat, dit is onverskoonbaar dat die braaier sy eie dop moet skink.

Tensy jy die Wêreld Braai Kampioen is, mag jy nie raad gee aan die braaier sonder dat hy eksplisiet daarom vra nie. Jy vat hom in die gesig, asook die persoon wat hom geleer braai het - gewoonlik sy pa.

As die braaier vir 'n wyle weg is van die braai, om welke rede ookal, is dit jou plig as nie-braaier om na die vleis te kyk en te sorg dat dit nie brand nie. As jy die vleis gedraai het in sy afwesigheid, laat die braaier weet met sy terugkoms. (Jy mag in sy afwesigheid ook net jou eie vleis met spices bedek, verder is hy in beheer van die speserye)

Drink so dat jy nie inkonk voor ete nie.
Sigaret stompies mag nimmer as te nooit in die vuur gegooi word voor of tydens die braai proses nie. Slegs nadat die vleis alles gaar is kan jy met 'n cool houding jou stompie in die geselsvuur skiet.

As jy die enigste man by 'n braai is, bied aan om die braai te hanteer. As die gasvrou egter nie wil hê jy moet braai nie, geld alle reëls ten opsigte van die braaier en nie-braaier verhouding steeds.

Maak seker jy het snaakse grappe
Drink so dat jy nie inkonk voor ete nie. Jy mag egter "uitpass" enige tyd na ete - op eie tyd en teiken.

Maak seker dat jy ten minste een of twee flippen snaakse grappe het om die braaier mee te vermaak terwyl hy braai. Gewigtige onderwerpe moet liefs gehou word vir na ete as almal lekker gesuip is.

Onthou ten alle tye braai is 'n eeue lange tradisie, en die hoeksteen van Afrikaner kultuur, hoe meer jy braai hoe sterker word ons kultuur.

Gesondheid!


Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Datum
Neil Frasernzfraser_at_xtra.co.nzBraaiplekplanne2/26/2010
Ek woon in NZ en is opsoek na braaiplekplanne. Kan iemand help? NZ bouers weet nie van verhoudings tussen braai area & skoorsteen.

SJsj.pienaar_at_eskom.co.zaBraai sous Skaap spitbraai2/25/2010
Kan Iemand asb help, ek is opsoek na die marineer sous vir skaap spitbraai wat die volgende bestandele bevat; coke, sparerib marnade en Yogurt. Ek het die resep verloor en is weer opsoek daarna - Dankie

JOHANNjohang_at_unigrain.co.zaSPITBRAAI2/22/2010
KAN IEMAND HELP OM VIR MY N RESEP TE GEE VIR N LEKKER SKAAP SPITBRAAI

christo van rensburgchristojvr_at_injabulopublishing.co.zaspit resep2/18/2010
ek is dringend opsoek na 'n lekker resep vir 'n skaap spit sous.help my asb!!

Andreanbester_at_justice.gov.zaspitbraaier1/25/2010
Ek is op soek na planne vir n gas spitbraaier. Kan iemandmy dalk help asb

Tinathepdprojects_at_telkomsa.netBykosse by spitbraai12/18/2009
Wat sit mens voor saam met `n spitbraai? Die bykosse is altyd `n knoop in die .....wel dit moet maklik mooi en lekker wees!

Williewcoetz86_at_mweb.co.zaSpit braai resepte12/10/2009
Kan enige iemand my asb 'n resep gee om 'n skaap op die spit gaar te maak. Sommige mense se jy moet jou skaap marineer en ander se weer geen marinade nie net spices. Wil graag kersfees 'n skaap op die spit sit

P Maritzamazingsweets_at_vodamail.co.zaSpitbraai11/2/2009
Stuur asb n marinade wat werk op skaap spit en is dit n goeie ding om n skaap te spuit met coke

ericeric_at_hartenboslandgoed.co.zaspitbraai10/13/2009
gee asb.raad vir sous op skaap vir spitbraai dankie

Triciatcproperties_at_mweb.co.zaOp soek na n Resep9/20/2009
Skaap spit Resep A.s.b vir my deur email Baie dankie,EK wil ook 'n lekker Artapel slaai met u deel waar u mayonace in gooi vervang u dit met 1.b Kondensmelk.kan ook nog n'bietjie mayonace in sit.

stephanstephan.schwartz_at_goldfields.co.zaspit braai planne9/8/2009
hi kan jy my help met spit braai planne asb

HeidiAnonymousBraai8/22/2009
Dit maak nie saak wat jy braai of spit nie, Jimmysous is altyd n treffer!

Hannelieackerman.j_at_doe.gov.zaRook van vleis6/19/2009
Kan iemand asb vir my vertel hoe word varkvleis gerook en ook 'n plan stuur van so 'n roker.

Laetitialaetitia.m_at_telkomsa.netMan of vrou?6/14/2009
Dit is ouderwets om in groepies van mans en vrouens te kloek. Beide geslagte is belangrik om 'n vuur. Etiket meneer is om nie 'n dame allen te laat terwyl die manne koek om 'n vuur nie !

ferdi kukardfernando_at_goggaconnect.co.zaoutydse buite-oond spesifikasie6/4/2009
Lekker om julle gedagtes mbt 'n braai te lees! Het lank terug geleer om nie biefstuk by 'n groterige braai te bestel as ek nie self braai nie!!!! Ek stel belang om egte boerebrood in 'n buite oond te bak -maar waar de d**n*r kry 'n mens 'n spesifikasie vir hierdie fasiliteit? Enige inset sal waardeer word!

Karinreception_at_radium.co.zaSpit Braai6/1/2009
Ons hou 'n spit braai watter by kosse moet 'n mens voor sit, dit is vir so 40 mense

Pieterpika.sentrum_at_telkomsa.netSkaap Spit5/31/2009
My dogter word 21 en ek wil twee skape spit, wat is die regte bykosse om te bedien?

Pieter Amosamosjepp_at_barvallei.co.zaDubbel staal afdak5/31/2009
Hallou kan iemand vir my n volledige planne e.pos van hoe om self n dubbele motorhuis staal afdak te bou. of is n hout afdak goedkoper??. en moet mens planne by musipaleteit indien daarvoog.groete pieter Bonnievale eskaap

Christochristo_at_spittas.comSPITBRAAI4/6/2009
Ek het n goeie charcoal spitbraai plan - laat my weet as iemand die plan soek om hulle eie spit te bou

Jaco Mockemockejjj_at_telkomsa.netSkaap Spitbraai3/28/2009
Goeie dag Help asb, hoeveel porsies kan jy uit 1 skaap kry. Dankie Jaco

Rainierrainier.pelser_at_gmail.comspitbraai3/23/2009
Ek is op soek na n lekker spit resep vir n vark, skaap en hoender. ek wil dit graag op my troue gebruik. Baie dankie

wim rademeyerwim_at_itx.co.zaskaap spit1/21/2009
Kan iemand my van planne voorsien vir die bou van gas spitbraaier?By voorbaat dank

Christochristo_at_spittas.comBiltong11/11/2008
Hi daar, wie het n lekker biltong resep?

elsabé mullerowlet_at_iway.nabaksteen braaiplek planne11/6/2008
Ons soek planne hoe om 'n baksteen braaiplek te bou asseblief, dankie.

Jasper Jonkerjasperj_at_vodamail.co.zaLam Spitbraai10/14/2008
Hallo, Kan iemand my help, ek is opsoek na 'n spitbraai marinade of sous vir 'n lam. Dankie

Kevin Geelk.geel_at_rhytech.co.zaSkaap Spit10/3/2008
Alo mense dis my eerste keer wat ek gaan spit so ek soek n resep en metode. Baie dringend asb

Wynandwynandb_at_dcs.discovery.co.zaSpitbraai8/28/2008
Hi, ek is dringend opsoek na die wen resep vir 'n lam spitbraai.As iemand dalk kan uithelp of enige inligting oor die hele braai proses my kan mee kan help

Marindamarinda.boolsen_at_clover.co.zaBraaikamer8/25/2008
Soek asb planne vir n Toskaansse Styl Braaikamer.

Renierrenierdebeer_at_hotmail.comSkaap Spit Braai8/19/2008
Hi daar, ek is ook opsoek na n lekker skaap spit braai resep, dit sal my eerste keer wees, en ek soek n paar idees, soos tyd op die spit en hoe om hom te maak sonder dat hy droog is.

Nikolai Dreyerdoctor_at_pwfd.com.auBraaiplek planne7/24/2008
Soek planne vir baksteen braaiplek vir self bou asb.

BertusAnonymousbraai spitbraai5/11/2008
'n Rooklose braai bou die agterkant reguit op die 3 anderkante 10 lae stene skuins op skoorsteen minstens 10 lae. Skaapspit gebruik franse slaaisous(pakkies) oor nag of Argentynse Asado sous(goeie sous vat lank om te "cure"). spuite by Agri of Crown National.Burners vir spit 25mm pyp boor 3mm gatjies bo-op met 50mm hoekyster bo-oor. kraantjies-jets oral te koop.Maak 'n knyptipe rooster vir spit braai vleis val nie uit mekaar. Ordentlike braai 120cm wyd sodat vark lekeker oop ketel kan lê. My deksel dubbelwand met isolasie binne in.3 branders binne in(pypbranders)op bodem.Bodem moet oop wees. Ander storie as jy verwarmer branders gebruik. hulle sit langs die kant braai met infrarooi.

frederick jacobus petrus vanderspuyvaatjie_at_jansentarmac.co.zabouplanne buite braai4/29/2008
kan enige iemand my dalk help met bouplanne vir n buire braai of n web tuiste adres

Meisiemeisief_at_mighty.co.zabou van braaiplek/lapa4/20/2008
Dringend op soek na planne vir braaiarea/lapa en hoe dit binne moet lyk as julle my gou kan help asseblief!!!!!

Taniabianca02_at_telkomsa.netroker4/6/2008
Hi kan enige iemand vir my ñ idee gee hoe om ñ roker te bou met stene of met ñ 200 lieter olie drom. om vleis vis en wors in te rook asb. Thanks Tania

Taniabianca02_at_telkomsa.netroker4/5/2008
Hi weet iemand nie hoe ek ñ roker kan maak om vleis te rok nie asb. thanks Tania

Johanjohanspwelkom_at_yahoo.combaksteen braaiplek planne4/1/2008
Ek wil graag n baksteen braaiplek bou,ek soek net n foto van een met n werksbank en afmetings Bouplan as dit moet Help die houtkop is klaar besig

Etienne Simonsimonel_at_telkom.co.zavark spitbraai 3/26/2008
Hi ek soek dringend 'n varkspit resep of wenke het my eie spitbraai en het seker al 15 lammers gedoen maar ek wil nie my gaste terleurstel nie wil graag sekermaak die vark 25kg is gaar sappig en geurvol my eerste vark spit.

Joriethajoriethak_at_gmail.comvleis mueller1/22/2008
waar kan ek 'n elektriese vleis mueller kry?

Jitsejitsevandijk_at_gmail.comBRAAI1/12/2008
Moenie net praat oor 'n braai nie hoor!

stephen casonstephen_at_treasury.fs.gov.zavark spit braai12/21/2007
kon iemand toe vir jaco raad en leiding gee oor vark spit braai - soek resep en leiding asb

Andreandreandre70_at_yahoo.comBraai en spitbraai11/15/2007
Ek wil graag foto's he van spitbraai,en gewone braai.Want ek wil kyk of ek dalk nie 'n besugheid kan oop maak van spitbraai en braai nie.E-Mail as julle kan dankie

christochristo_at_spittas.comSpitbraai sous en pap sous9/19/2007
Hi Almal Ek het n lekker resep vir n spitbraai - Braai sweet and sour sous - enige maak, Sparerib sous - enige maak, garlic sout, asynm Meng alle saam, jy kan ook jou skaap spyt met die sous want dis lekker dun - as dit warm raak word dit n dukker sous. Braai sous saam pap - uie, tamtie, wortels fun gekap, mushrooms, wouchtersous, soya sous en chutney. Geniet dit www.spittas.com www.mobilejacuzzi.co.za

Stephanstephanbensch_at_home.nlMarinade resep9/4/2007
Ek soek eintlik 2 dinge. Eerstens 'n lekker marinade resep wat ek kan gebruik om in een skappboud in te spuit om hom lekker van binne af te marineer. En dan ook nog of iemand my kan vertel waar ek 'n lekker groot inspuitmet 'n lekker dik naald kan kry. Natturlik om die skapie in te spuit en nie om 'n kantlyn dokter te word nie. ;-) Ek bly in nederland so as jy 'n paar websites miskien kan mail sal dit nice wees.

tienietienie.eloff_at_kverneland.co.zaspit resep9/3/2007
ek is opsoek na n spit resep vir skaap e

ruben Hoogeveenrmhoogeveen_at_mac.combraai in holland8/26/2007
Ik wil een braai in mijn achtertuin ,ik woon in holland help.

Diana Deandiana_at_sanea.co.zaTamatie sous // pap8/20/2007
Kan iemand my asseblief help met 'n tamatie sous resep en hoe maak mens pap.

jacques du preezgwen.lost_at_yahoo.co.ukBraai8/14/2007
op soek na braai plane vir buite onderdakse braai! al oral gesoek op die net maar geen geluk nie! as iemnad 'n paar planne of dalk enige webtuistes het wat ek kan besoek, stuur asseblief an.

marindajavermeulen_at_internext.co.zaplanne vir onthaalarea8/9/2007
ek is op soek na unieke planne vir 'n onthaalarea wat binnebraai ens insluit.help asb!!!!!!!!!

Harry Groenewaldharry.groenewald_at_bhpbilliton.comBrood oond8/2/2007
Ek wil 'n tradisionele broodoond in my braaikamer bou. Daar is een by Willem Prinsloo musuem, gesien met die manpoer fees 'n paar jaar terug. Kan iemand my help?

JACO VILJOENjacovi_at_neobuild.co.zaVARK SPITBRAAI7/30/2007
Ek het all talle skape op die spit gebraai, maar moet nou vir die eerste keer n vark op die spit braai. Kan iemand my dalk die geheime en raad gee rakende tydsduur voor gaar en waar probleembies ondervind kan word. Baie dankie, Jaco

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Vorige Artikel Die Sanlam Klub brugstelsel
Volgende Artikel Die mier en die sprinkaan - 'n Afrika legende

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek