Aangeleenthede Afrika Wêreld Filosofie Afrikaans Ontspanning Algemeen

Bonde, bewegings, groepe . . .

Afrikaners maak steeds só

Anne-Marie Mischke
Die Rapport
19 Mei 2002 E-pos die bladsy aan 'n vriend


Daar word weer druk gepraat oor 'n Afrikanerraad en 'n verkennende gesprek word op 31 Mei in Bloemfontein gehou. Die gedagte is onder meer dat dit Afrikanerorganisasies sal koördineer. Hoe staan sake deesdae met dié organisasies? Die Afrikaner het in die vorige eeu sy opkoms én ondergang as politieke mag beleef. Sedert 1994 moet hy vir hom 'n gans ander soort plek in die Suid-Afrikaanse gemeenskap vind as dié waaraan 'n hele paar geslagte gewoond was.

Van die talle Afrikaner-/Afrikaanse organisasies wat vroeg in die vorige eeu hul beslag begin kry het en wat in vele opsigte as stut gedien het vir die ver kryging en behoud van mag op alle lewensterreine verg dit aanpassing en dikwels 'n nuwe missie en
Breedweg is die grootste gemene deler die bevordering van die Afrikaanse taal en die belange van Afrikaanssprekendes.
werkwyse. 'n Aantal nuwes het nuwe werkwyses bedink. Wat ís dan die saak van die Afrikaner-/Afrikaanse organisasies agt jaar die nuwe Suid-Afrikaanse bedeling in?

Breedweg is die grootste gemene deler die bevordering van die Afrikaanse taal en die belange van Afrikaanssprekendes. Maar daar is plek-plek subtiele verskille. Sommige van die ouer organisasies laat die klem steeds grootliks op Afrikaans en Afrikanerbelange val. Die "kernbesigheid" van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) word byvoorbeeld deur sy hoofamptenaar, mnr. Hennie de Wet, aangestip as "die vestiging van die grootste mate van samewerking tussen Afrikaanse organisasies ter bevordering van Afrikaner- en Afrikaanse taalbelange binne en buite die RSA".

Die Voortrekkerbeweging is volgens sy hoofleier, prof. Piet Strauss, 'n "beweging vir Christelik-Afrikaans georiënteerde jong mense". Die Rapportryers, sê hul president, mnr. Johannes Kleinhans, wil die Afrikaanse taal en kultuur
Onder die nuwe organisasies wat die taal- en/of Afrikaanse groepsregte wil bevorder, het die besef sterk posgevat dat Afrikaans en die Afrikaanse saak nie in isolasie bevorder kan word nie.
uitbou. Wel "in samelewing met ander Suid-Afrikaners", maar dit blyk uit 'n gesprek met hom dat die organisasie primêr op dienslewering aan die Afrikanergemeenskap gemik is.

Al hoe meer egter beklemtoon organisasies in woord én daad dat hulle ook deel van die breër Suid-Afrikaanse samelewing is. Vir selfbehoud, om marginalisering teen te werk, en al hoe meer omdat hulle deel van groter Suid-Afrika wil wees. Die Afrikanerbond se missie is "om Afrikanerbelange te dien, asook die breër belange van die hele land en gemeenskap", sê sy voorsitter, prof. Francois Venter. Heelwat projekte van die AB word reeds aan die breër gemeenskap gewy. Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) bevorder die Afrikaanse taal en kultuur, met Christelike waardes. Hy reik egter ook op indrukwekkende wyse uit na die breër gemeenskap. Sy hoofamptenaar, dr. Frits Kok, rits 'n amper eindelose lys gemeenskapsaksies van die afgelope jare af, van werk aan die destydse Vredesakkoord tot die bekendstelling van die volkslied by alle skole. En daarmee saam "die popularisering" van Afrikaans by mense wie se moedertaal dit nie is nie.

Sedert 1995 werk die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) aan sy herposisionering. Waar dit in 1942 gestig is om die (wit) Afrikaanse sakegemeenskap se belange te dien, sê mnr. Jacob de Villiers, hoofamptenaar, val die klem nou net so swaar op die land se belange. Die AHI het 'n ontwikkelingsgerigte benadering en poog "om die voorheen benadeelde gemeenskap nader te trek". Onder die nuwe organisasies wat die taal- en/of Afrikaanse groepsregte wil bevorder, het die besef sterk posgevat dat Afrikaans en die Afrikaanse saak nie in isolasie bevorder kan word nie.

Ofskoon Afrikaans hul fokus bly, lê hulle swaar klem op die ontwikkeling van veeltaligheid en minderheidsregte oor die algemeen - al voeg nie almal die daad ewe sterk
"Afrikaans moet net bestuur en bevorder word, in vennootskap met ander tale, nie beskerm word nie."
by die woord nie. Dit is ook so dat om van meertaligheid saam met Afrikaans te praat, en van almal se minderheidsregte naas Afrikaanssprekendes se regte, 'n politiek korrekte manier van doen geword het. Selfs die strydlustige Afrikaanse taalvegter, dr. Dan Roodt van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag), sê Praag beywer hom vir "die erkenning van taalregte binne die verband van 'n meertalige Suid-Afrika". Die Groep van 63, gedryf deur hoofsaaklik middeljarige wit "intellektuele" Afrikaners, is volgens sy voorsitter, dr. Danie Goosen, wel "Afrikaans-gerig", maar . . . "ons wydste gemene deler is Afrikaans, maar dit moet geknoop word aan ander tale, 'n soort federasie van minderheidsgroepe".

In Bellville het 'n klompie sakelui die Taalsekretariaat gevorm met die doel om veeltaligheid te bevorder en ook Afrikaans daardeur te dien. Die Taalsekretariaat het 'n klein, vaste personeel wat taalprojekte deur ander instellings bestuur en finansier. Die hoofamptenaar, mnr. André van der Walt, sê die idee is om Afrikaans op grondvlak te bevorder deur samewerking eerder as konfrontasie. "Afrikaans moet net bestuur en bevorder word, in vennootskap met ander tale, nie beskerm word nie." Kenmerkende projekte: hulp aan onderwysers in meertalige skole; 'n meertalige politieke woordeboek.

Die bevordering van Afrikaans in die uitsaaiwese, maar weer eens met die klem op veeltaligheid, is die doel van die Taakgroep vir die Bemagtiging van Afrikaans (Tabema), 'n paar enkelinge onder leiding van prof. Koos du Toit van Stellenbosch.

'n Heel nuwe benadering is dié van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Dis 'n operasionele liggaam, dus sonder grondvlaklede, wat met 'n hoofamptenaar, dr. Christa van Louw, en 'n aantal trustees funksioneer. Met "bemagtiging deur Afrikaans",
MWU-Solidariteit aanvaar daar moet regstellende aksie wees, "maar dan moet daar nie 'n nuwe groep van benadeeldes geskep word nie"
sê Van Louw, word bedoel "die hooffokus is op die verhouding tussen Afrikaans en sy sprekers en hul sosiaal-ekonomiese omstandighede". Dit gaan om die ontwikkeling van die mense in die taalgemeenskap. Die stigting fokus tans op vier terreine: geletterdheid; vaardigheid wat op entrepreneurskap gemik is; formele onderwys, waarin ondersteuning aan opvoeders en leerlinge gegee word; en die uitvoerende kunste. Daar word ook uitgereik na ander Afrika-tale.

Die ou verregse Mynwerkersunie, wat destyds om die regte van wit mynwerkers, hoofsaaklik Afrikaners, geveg het, is onder sy nuwe naam, MWU-Solidariteit, oop vir alle werkers. Sy ledetal (op van 40 000 tot 128 000) kom nou uit etlike bedrywe, maar is nog hoofsaaklik wit (95,5%) en Afrikaanssprekend (87%). Maar sy benadering is anders. Mnr. Dirk Hermann, woordvoerder, bevestig die vakbond fokus sterk op sy lede se probleme met regstellende aksie. MWU-Solidariteit aanvaar daar moet regstellende aksie wees, "maar dan moet daar nie 'n nuwe groep van benadeeldes geskep word nie". Eerder as om "teen die werklikheid te baklei", word in 'n positiewe verhouding met die regering gewerk en is die vakbond vol hoop dat 'n ooreenkoms, 'n sogenaamde gelykheidsakkoord, bereik sal word.

Dis nie net MWU-Solidariteit waarvan die aangesig nog hoofsaaklik wit is nie. Al die organisasies is 'n tyd lank al oop vir almal wat hul saak dien, ongeag kleur, maar die ledetal bly oorwegend wit (en soms nog erg manlik en middeljarig). Mnr. Kobus Mostert van die AB raam hul getal bruin lede op sowat 500 uit 'n aktiewe ledetal van tussen 6 000 en 8 000 (dramaties af van die meer as 12 000 in die ou bedeling). Daar is geen swart lede nie en net 235 vroue het lid geword nadat die AB vir hulle oopgestel is.
Dit kom voor of jonger Afrikaners nie besonder aktief is by die georganiseerde Afrikanerdom nie.
Van die eens manlike wit Rapportryersbeweging, skat Kleinhans, is 0,1% bruin, met sowat 5% vroue. Die organisasie se ledetal is af van sowat 9 000 voor 1994 tot 3 000. Selfs die ATKV, met sy baie aktiewe uitreiking na die breë gemeenskap en 'n ledetal van 'n geraamde 100 000 (en dit groei steeds met sowat 10% per jaar), se meeste lede is nog wit. Hy spog nietemin met 'n tak in Soweto en etlike takke in bruin woonbuurte.

Die AHI het 'n sakekamer in 'n swart gemeenskap en 'n paar in bruin gemeenskappe en dr. Franklin Sonn, oud-ambassadeur, is sy ondervoorsitter. Dit lyk nie juis anders onder nuwe organisasies nie. Roodt sê Praag se ledetal lê iewers tussen 300 en 1 000, en "daar is enkele nie-wit lede, hoewel ons nie statistieke hou nie". Oor die Groep van 63, sterk gerig op minderheidsbelange, se statistieke, getalle en struktuur sê Goosen: "Ons het geen ledetal en geen struktuur nie. Ons funksioneer taamlik onkonvensioneel . . . soos 'n wolk wat nóú saamtrek, dan weer verdwyn". Bruin mense? "Ons gesels gereeld met hulle." Swart mense? "Ons is besig om alliansies te probeer vorm met swart intellektuele." Dié "ons-hulle"-situasie skryf hy toe aan die verlede, toe taal- en politieke bewegings hand aan hand geloop het.

Dit kom voor of jonger Afrikaners nie besonder aktief is by die georganiseerde Afrikanerdom nie.
Voorstanders van so 'n Afrikanerraad meen dit moet die verskeidenheid Afrikaner-organisasies koördineer, moet vir oorleg gebruik word en selfs namens die Afrikaners praat
Die Voortrekkerbeweging se ledetal het gekrimp van 55 000 tot iets tussen 13 000 en 15 000. Die Afrikaanse Studentebond is tot niet. So ook die Ruiterwag en die Junior Rapportryers, wat onderskeidelik by die AB en die Federasie van Rapportryerskorpse ingeskakel is.

Sambrele, koepels en netwerke

Dis weer sulke tyd: om Afrikaners, of dan minstens hul organisasies, saam te voeg onder een sambreel. Voorstanders van so 'n Afrikanerraad meen dit moet die verskeidenheid Afrikaner-organisasies koördineer, moet vir oorleg gebruik word en selfs namens die Afrikaners praat. Volgens prof. Hermann Giliomee, rubriekskrywer in Beeld en Die Burger, kan so 'n raad ook vertoë tot die regering rig. Nie almal meen dis noodwendig 'n goeie idee nie. Party vrees 'n soort "opperraad", ander vra hoe so 'n raad werklik namens die uiteenlopende Afrikaners kan praat. Baie jonger mense voel hulle daardeur koud gelaat.

Mnr. Dirk Hermann, woordvoerder van MWU-Solidariteit, sê daar word blykbaar steeds gehunker na 'n soort "hiërargie van organisasies" soos daar in die vorige bedeling was. Toe was die regering amper 'n soort Afrikanerraad. Van die Afrikaner-Broederbond en sy netwerk, sê hy, weet hy net wat sy pa hom vertel het. Hy het bedenkings of so 'n hiërargie, of 'n netwerk of selfs net 'n Afrikanerraad, nog nodig is. Dit lyk vir hom belangriker dat individuele organisasies hulle om bepaalde belange organiseer, eerder as spesialisorganisasies. Hy vra hom af of MWU-Solidariteit
"kulture het ook organisasies en formalisering nodig ter wille van die vloei van idees"
byvoorbeeld sy lede se belange beter sal dien as hy deel het aan 'n oorkoepelende Afrikanerraad of enige ander oorkoepelende liggaam.

Dis maklik om nou te sê doen weg met die "formalisering" van die Afrikanergemeenskap weg, sê die Groep van 63 se voorsitter, dr. Danie Goosen, maar "kulture het ook organisasies en formalisering nodig ter wille van die vloei van idees". Nie ter bereiking van onmoontlike ideale of ou fundamentalistiese idees of ter wille van mag nie, maar om "minderheidstatus kreatief te aanvaar".

Intussen is die FAK nog altyd daar wat hom ten doel stel om 'n netwerkorganisasie vir alle Afrikaanse kultuurorganisasies te wees. Hy pak 'n verskeidenheid projekte saam met sy lede op hul spesialiteitsgebiede aan. En dan is daar die oorkoepelende naam waaronder 'n aantal taalstryders, buite en binne die parlement, gekies het om te werk: die Nuwe Afrikaanse Beweging. Dis 'n losse, beslis "ongeformaliseerde" samevoeging van individue en organisasies met dieselfde ideaal: die behoud van Afrikaans, minderheidsregte en die posisie van Afrikaners ná hul verlies aan politieke mag.

Eers was daar die super-Afrikaners

Die super-Afrikaners het lankal hard aarde toe gekom, maar vandag, 'n kwarteeu ná sy verskyning, vertel 'n boek met dié naam steeds 'n verstommende verhaal.

In die laat jare sewentig het twee joernaliste, Ivor Wilkins en Hans Strydom, 'n massa dokumente van die destyds hoogs geheime Afrikaner-Broederbond bekom en The Super-Afrikaners: Inside the Afrikaner Broederbond geskryf. Ineengevleg met die AB se verhaal is dié van hoe die Afrikanerdom van ongeveer 1920 af 'n netwerk van organisasies gevorm het. Dit het 'n groot rol gespeel in die
Op vele terreine het Afrikaners hul eie organisasies gehad, parallel, of selfs in mededinging, met gelyksoortige Engelssprekende organisasies.
Afrikaner se verkryging en behoud van politieke en ekonomiese mag en, soos die AB daarna verwys het, die "Afrikanerisering" van Suid-Afrika. Die Afrikaner-netwerk het ook baie jare die apartheidsideologie gedra en uitgebou.

Op die AB se vyftigste verjaardagviering het die destydse voorsitter, mnr. H.J. Klopper, gesê:

"Besef u watter magtige krag is vanaand tussen hierdie vier mure versamel? Wys my 'n groter mag êrens . . . ons is deel van die staat, ons is deel van die kerk, ons is deel van elke groot beweging wat uit die volk gebore is."
In die hoogbloei van die (net wit, net Afrikaanssprekende) georganiseerde Afrikanerdom het die AB landwyd 12 000 lede in 800 afdelings gehad en feitlik almal in belangrike poste was "Broeders".

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is as 'n frontorganisasie van die AB beskou en sowat 2 000 kultuurorganisasies landwyd was by hom geaffilieer. Op vele terreine het Afrikaners hul eie organisasies gehad, parallel, of selfs in mededinging, met gelyksoortige Engelssprekende organisasies.

Daar was die Voortrekkerbeweging (naas die Boy Scouts en Girl Guides); die Afrikaanse Studentebond (ASB) naas sy Engelse eweknie, Nusas; die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (Sabra) naas die SA Instituut vir Rasseverhoudinge, organisasies vir Afrikaanse onderwysers, spoorwegwerkers, poskantoorwerkers, polisielede, weermaglede en mynwerkers. Die Afrikaanse Handelsinstituut het Afrikaner-sakelui, landwyd georganiseerd in plaaslike Afrikaanse sakekamers, met toegang tot die ekonomie gehelp. Daar was die Rapportryers en Junior Rapportryers. En die "jong Broeders" georganiseerd in 'n eweneens geheime organisasie, die Ruiterwag.

En veel, veel meer.


Besoekerskommentaar

Naam E-pos Onderwerp Datum
idaida.smit_at_print24gauteng.co.zavolkspele5/12/2008
ek soek na alle inligting oor volkspele vir 'n skooltaak

Martindeklerkm_at_pelchem.necsa.co.zaVrymesselaars3/27/2008
Anoniem, pragtig opgesom, ek is self 'n Oud Meester vir die afgelope 14 jr en geniet dit nog steeds, kan mos nie "bedank" nie ha ha wat 'n grap.Almal wat belangstel in die geskiedenis en allerlei in verband met Vrymesselary besoek gerus Sheffield Universiteit in Engeland se webtuiste op Google vergeet die geykte gesanik oor die okulte,satan ens. en word wys. Broederlike groete.

AnoniemanoniemVrymesselary3/24/2008
Ek is 'n PM(Past Master) en is reeds verby die Agtiende Graad. Die snert wat ek hier lees is verstommend. Daar is 33 grade in die Orde waarvan die eerste 3 die belangrikste is. Gaan slaan die betekenis van okkulties na. Al ooit gewonder waar die AB sy oorsprong gehad het? Die held Piet Retief was een - gaan kyk gerus in die Voortrekkermonument na die uitbeelding van sy waterbottel en die teken daarop. Daar is verskeie ander groot Afrikaners wat lid was en is van die Orde. Dit is nie 'n geheime organisasie nie. Die Broers dra feitlik almal 'n ring of een of ander kenteken wat wys hulle is lede. Waarom doen die AB-Manne dit nie - omdat hulle ander mense ondergrawe? So kan ek aanhou en aanhou. Gaan gee gerus 'n klop aan die deur van 'n losie - hulle sal te bly wees om met jou te praat. Ek is 'n Christen wat die die Enige Drie God as my enigste Saligmaker aanvaar en belei.

DIRK SCHELLINGERHOUTjdirksc_at_ougat.comVRYMESSELAARS3/20/2008
BLY VER WEG ...BUITE BLINK [DOEN GOED,GEE AAN BEHOEFTIGES ENS ENS] MAAR BINNE STINK....DIT HELP NIE JY VRA VAN DIE OUENS WAT IN DIE ORGANISASIE IS NIE .HULLE IS OF IN SO LAE VLAK EN WEET NIE WAT BO AANGAAN NIE OF SELF'BLIND'. DIS SOOS DIE PADDA WAT IN KOUE WATER IS EN DAN WORD DIT STADIG WARM GEMAAK UITEINELIK KAN HY NIE UITSPRING NIE & VREK.!! IN ELK GEVAL KAN JY NIE 'BEDANK' UIT DIE INSTELLING NIE AS JY IN IS ,IS JY IN....GEE PAD. DIT IS DIE SNAAKSTE RUTUELE EN DINGE DOEN...NEE OP DIE EINDE KOM DIT DAAROP NEER DAT DIE OUENS ,SONDER DAT HY DIT WEET SAAMWERK OM DIE BOSE SE PLANNE TE LAAT SEEVIER. ..EEN VAN DIE GROOTSTE SATANISTE WAS N VRYMESSELAAR.[ALBERT PIKE]MAAR HULLE ONTKEN DAT HY DEEL VAN HULLE WAS...GOOGLE :'FREEMAISONS' EN LEES VIR JOUSELF ...BLY VER WEG VAN HULLE

llewellynzelwynemail_at_yahoo.commesselaars3/4/2008
wil graag meer weet

Zascezasce.silver_at_yahoo.comDie Afrikaanse kultuur.3/4/2008
Ek sal baie graagmerr inligtin oor die volgende wil hê, Die afrikaners se gebruike, Morele waardes hul gedrag en Hul Tradiesies.

Le Roux Greefftyrant1_at_absamail.co.zaVrymesselaars12/29/2007
Sou graag meer wou weet van die organisasie -is 'n ledelys beskikbaar? Konstitusie? Visie, missie ens??

Riaan 0832621792_at_mtnloaded.co.zaVrymesselaars12/12/2007
Dit blyk die kommentaar teen Vrymesselary raak net erger. Ek glo dat Jesus die enigste Seun van God is en kan nie wag vir sy wederkoms nie. Ek bly ook 'n trotse lid van my Losie en poog om die lewe vir minderbevooregtes bietjie beter te maak en nie die duiwel agter alles en almal sien nie. Almal wat hier lees doen asseblief ordentlike ondersoek oor die Vrymesselaars en gebruik jou logika en verstand en redeneer vir jouself oor die Orde. Daar is en was nog nooit iets fout met Vrymesselary nie.

Oebelhjj_at_iway.naAfrikaners11/24/2007
Afrikaans is vir Afrikaners, dis nou 'n spesie was glo, dien, doen en dink in afrikaans. Die Verwoerds was voorstanders van "afsonderlike ontwikkeling" - ongelukkig is dit uitgebuit en later uitgebeeld as "afsonderlike verdrukking"! Sela

Bernardbervilj_at_yahoo.comSuid-Afrikaanse danse10/8/2007
Skooltaak, waar kom dit vandaan, hoe word dit gedans, klere, interessante feite.

LaineAnonymousAfrikaans9/1/2007
Ek dink Afrikaans is 'n wonderlike taal! Dis BAIE makliker om te leer as Engels en daar is baie oulike Afrikaanse woorde. So 'n pragtige taal!

Ricciricci_at_matrixnet.co.zavrymesselaars8/22/2007
kan iemand asb vir my meer inligting oor vrymesselaars stuur.ek wil graag vir my self oordeel en sien waaroor gaan die bohaai

anelanelellis_at_webmail.co.zalumsden monument6/25/2007
Ek is opsoek na enige inligting wat enige iemand vir my kan stuur oor die lumsden monument 1900 of selfs osspruit. die monument is in die vrystaat..

leonkrisjan_at_whalemail.co.zavrymesselaar5/31/2007
kontak `n losie naby aan julle,elke losie het `n persoon wat antwoorde soos die kan beantwoord. ons verskaf graag inligting aan mense wat belangstel. groet almal.ciao anonymous wys wie jy is toe dat ons jou met yswater kan wakker maak, jy is besig om in `n droom wereld te lewe en goed te praat wat jy absoluut niks van weet nie,dan sal ek jou sommer vertel dat kersvader en die tande muis is ook nie rerig nie...raak `n mason en gee dan jou mening.

afrikanerhcut_at_lantic.netvrymesellars5/22/2007
verseeker is al die kinders van jesus nie poppos die vrymeselaars in suid afrika is nie so onskuldig nie en verseeker oklulties

Andréandrelab16_at_gmail.comVrymesselaars5/22/2007
Ek was baie gefasineerd oor die vrymesselaars maar na ek selfstudie gedoen het,en met twee persone wat op vlak3 en op vlak 33 aan hierdie okkult behoort gepraat het, kan ek die volgende sê:Vrymesselaars het in die 16de eeu in Skotland tot stand gekom en was 'n organisasie vir geestelikes(mense wat van nature geestelik is)of jy nou Christen of Satanis is jy kan aan hulle behoort.Hulle het hul op front beywer om bv.behoeftiges te help om hul beeld te poets,maar binne is dit 'n ander storie. Vandag is dit steeds so, al verskil is dat die Joodse Sionistiese geldmag(die ILLUMINATI) wat ook die wereld beheer, dit infiltreer het, en tans die Vrymesselaars gebruik om sodoende hul plan om wereld heersing, en hul nuwe werld orde suksesvol te maak. Hierdie mense het een doel: OM CHRITENSKAP REGDEUR DIE WERELD UIT TE ROEI.

Riaan0832621792_at_mtnloaded.co.zaVrymesselaars5/1/2007
Indien enige persoon inligting benodig rakende die Vrymesselaars beweging, is u welkom om my te kontak by die epos adres. Daar is baie inligting wat rondsweef op die net oor die Orde. Vind uit by iemand wat 'n lid is en oordeel vir jouself. Ek is 'n Messelaar en is meer as bereid om inligting te deel. 2 B 1 ask 1.

pieterpieterh_at_komatsu.co.zaVolkspele5/1/2007
Soek asb inligting vir skooltaak - waar en hoekom het dit ontstaan, kleredrag, musiek, passies en deur wie dit gedans word.

natasha schmidtm.dutoit_at_absamail.co.zavolkspele4/24/2007
ek soek asb inligting oor volkspele, ontstaan, agtergrond,wie dit dans, kleredrag,word mens opgelei en tipe musiek en instrumente, vir skooltaak.

Afrikanermeisiekarina.dejager_at_gmail.comBoerevryheid4/20/2007
Besoek die Boerevryheid-webwerf by www.boerevryheid.co.za daar sal jy ware Afrikaner-boere ontmoet. Kom sluit by ons aan.

Jan Ebersohnjan_at_allensa.co.zaVOLKSVERRAAD4/17/2007
WAAR KAN EK HIERDIE BOEK BESTEL? sel 082 5553 552

Jacquesjacquescameron_at_yahoo.comvrymesselaars3/10/2007
Baie misinformasie omtrent dit, enige iemand wat in Suid Afika wil kontak maak kan my net 'n e-pos stuur.

C. Bezuidenhoutcbjb_at_absamail.co.zaChristelike Afrikaner3/2/2007
Hoe om meer kontak te he met die Christelike Afrikaner

Jaquesmadelect_at_intekom.co.zavolkspel2/26/2007
benodig dringend die volgend wat is volkspel waar kom dit vandaan, wie doen dit,wanneer het dit begin kleredrag -musiek

m.j.bekkermjbekker1_at_telkomsa.netboek2/19/2007
Ek soek na die opvolg boek van Adv.P.J.Pretorius nl.Volkshoop.Kan julle my help asb.

sonjasonja_at_netralink.comVolkspele2/17/2007
Benodig dringend die volgende wat is volkspele, waar kom dit vandaan, wie doen dit, wanneer het dit begin, kleredrag, en ale geskiendenis daaroor.

THANAheletha_at_mweb.co.zavolkspele2/3/2007
alles oor die onderwerp bewegingstyl,kleredrag, simboliek ens

Gerhard vd Merwevan3_at_telkomsa.netvrymesselaars2/2/2007
vertel my meer van die organisasie

Riaan Croucamp0832621792_at_mtnloaded.co.zaVrymesselaars2/1/2007
Ek is 'n lid van die Vrymesselaarsbeweging in Bloemfontein. Indien jy enige inligting benodig oor enige onderwerp rakende Vrymesselary, kontak my gerus en jy kan jou eie oordeel doen oor die beweging. Indien jy wil weet van ander dele van die Republiek, sal ek graag help waar ek kan.

Kobus Smitelmari_at_breede.co.zaVolkspele2/1/2007
Ek is al vir die afgelope jaar en agt maande deel van hierdie beweging en geniet dit. Ek is 16 jaar oud en wil graag nog meer uitvind oor volkspele. Is daar dalk 'n webwerf waaraan ek kan deel raak soos 'n gesels groep of iets. Dit sal regtig waardeer word. Groete

Philip van Dyk13661698_at_sun.ac.zaKom tog by!!12/19/2006
Ek is n jong Afrikaner wat nie deel aan een van die bogenoemde organisasie nie, jeens die feit dat nie een van hulle waarlik standpunt inneem vir die jong verontregte Afrikaners nie!! Diegene frontloos kompenseer, het die vorige kompenseer punt vergeet. Die Afrikaner het `n intellektuele snobisme wat ieder en all aan hulle neuse rondpluk. Ek maak deels uit van die intlektuele snobisme. Afrikaners moet eerder individuele nederigheid toon en bietjie dink wat is beter vir die oorgrote meerderheid van Die Afrikaner as om die heeltheid polities korrektheid te promoveer en eie agendas van eie win en spreekwoordelike welvaart aan te hang. Daar is duisende Afrikaners wat vrek van die honger. Hulle is daar. Daar is honderde duisende Afrikaners en potensieële Afriakner kinders wat hulle kultuur erfenis verpag. Hou asb. verdomp net op om meer forums en slimighede op te tower en sit asb. wood by daad. Gaan gee kos aan `n arme huisgesin buite boksburg. Of vertel Ouma Sus wat in smart oor haar vermoorde man treur dat haar mense na haar sal omsien. Dit is nie tyd om op te tree nie. Ons jong Afrikaners tree op. Ons will net nie assosieer met die baantjies vir boeties sindroom wat die huidige ouer garde polities met die regering voer nie. Word wakker!!

Marimari___at_hotmail.comVrymesselaars11/30/2006
As julle meer inligting wil he, gebruik die skoekfunksies op die internet. Daar is 'n magdom inligting. Bemagtig jouself met kennis! Ons volk kom om weens 'n gebrek aan kennis! Vind meer uit oor al die geheime organisasies, maar wees gewaarsku..... moenie betrokke raak nie, bly weg! Jy sal moet rekenskap gee voor God vir jou keuses en dade en waarmee jy jouself besighou. http://www.gksa.org.za/kies/Kulte%20inligting/vrymesselary.htm

harryharrysmit_at_webmail.co.zavrymesselaars10/22/2006
Hou net aan vra.Vrymeselaars is amper oral in SA.

alana alanak.manntravel_at_galileosa.co.zakompitisie10/20/2006
goeie dag, ek sal graag wil weet, julle het vroeer die jaar 'n amateur skrywer vir 'n toneelstuk "ik ben een africaaner" geloots, wat het daarvan geword? wie is die wenner? dankie lekker dag........alana

Elsabeelsabe1_at_lantic.netvryemesselaars9/19/2006
Kan u my meer inligting gee oor hierdie beweging!

Mattmetroplex_at_polka.co.zaVolkspele8/28/2006
Kan u asb vir my meer inligting verskaf oor Volkspele soos wanner het dit begin,kleredrag,hoe daans mens ens.

BulkalfAnonymouspjvans@webmail.co.za8/24/2006
Die Afrikaner broeder bond is nie vel meer as n klomp droklap geldgieriges met mamon as god nie aanvanklik was hulle idee goed en mooi totdat die mag van self veryking oorgevat het lank lewe mamon en sy gespuis

Desdesvdm_at_yahoo.comvolkspele8/21/2006
**********ek soek dringend inligting oor hoe om volkspele uit te voer.********

Lizashine_at_lantic.netVrymesselaars8/20/2006
Ek wil graag kontak maak met die Vrymesellaars kan iemand help

Tia Beuggertbeugger_at_sars.gov.zaSuid Afrikaanse danse8/16/2006
Is daar enige inligting oor ons ou kultuur danse of ons vorige Blanke kultuur danse, vir 'n skooltaak. asap

anoniemAnonymousvrymesselaars8/15/2006
bestaan wel. is i geheime internasionale organisasie, jy moet gekies word om lid te word. daar bestaan 32 range in die masons. dis i okkult. bly weg!!!

Annemarie Lotzhrnfin_at_hrnqs.co.zaDie Sakekamers8/3/2006
Ek soek die volgende inligting vir 'n skool taak in die vak Bedryfsekonomie wat handel oor Die Sakekamers. Die geskiedenis, funksies, Bestuur en Beheer asook die Doeltreffendheid van die sakekamers.

Frans Jordaangf_jordaan_at_mweb.co.zaBring terug die AB.7/31/2006
Na aanduiding van kommentaar van verskeie van die deelnemers wat daarop sinspeel dat die AB iets is wat teen die grein is van Christenskap wil ek hard en aanhoudend oor lag. Ons kan dankie sê dat daar wel iets soos die AB was. Alle Afrikaners het daaruit voordeel getrek en selfs die nuwe Suid-Afrika trek tans voordeel uit wat hulle gesamentlik vermag het. Die grootste probleem met mense van vandag is dat ons glo almal is gelyk. Dit is die grootste klomp strooi ooit. Mense is nie gelyk nie. Party het meer talente gekry en ander het minder. Nie almal is leiers nie, meeste van ons moet volgers wees. As jy wil weet wat gebeur met ‘n volk as hy leierloos is, sonder ‘n magte organisasie soos die AB om hom te steun. Kyk na die Afrikaner van vandag.

Charles Jamescharlesjames_at_vodamail.co.zaBoek7/26/2006
Het u dalk 'n telefoonnommer van Libanon uitgewers in Mosselbaai?

Charles Jamescharlesjames_at_vodamail.co.zaBoek7/26/2006
Waar kan ek die boek "Volkverraad" deur adv Pretorius in die hande kry?

Kobus Rautenbachrautenbachjf_at_telkomsa.netLidmaatskap7/18/2006
Hoe, waar en waneer kan kontak kry om aan te sluit sodat ons ons Afrikanerskap ten volle kan laat terugkeer.

WJwjm_at_telkomsa.netBoek7/16/2006
Waar kan ek die boek, Volksverraad in die hande kry?

Jacques du Barryjacques_at_cueincident.comLidmaatskap7/12/2006
Ek is n 32 jarige totaal onafhanklike man werksaam in Johannesburg en blywend in die Oos-Rand. Ek wil graag meer inligting bekom van Orania, en meer spesifiek oor lidmaatskap en wat die implikasies van dit sal wees. Hoop om spoedig van julle te hoor. J.N. du Barry 082 897 8377

Dirkitservice_at_xsinet.co.zaAntwoorde7/1/2006
Advokaat PJ Pretorius gewese lid van Nasionale Intelligensie het 'n boek met die titel "Volksverraad" geskryf. Dit verduidelik hoe volke vernietig word, meer bepaald die Suid Afrikaner. Ek is van mening dat die Suid Afrikaner se lojaliteit, patriotisme en hardwerkendheid deur die vyand gemanipuleer en uitgebuit word. Voeg daarby die gebrek daaraan om die tradisies en kultuur- en geestelike organisasies in diepte te ondersoek en te bevraagteken. Ons wil graag "goed" doen en persoonlike eer en sukses geniet (so opgevoed) en is juis daarom maklike slagoffers met gevolglike korrupsie van morele waardes. Die vyand ken al die snare en weet hoe om dit te speel. My raad aan elkeen is om eers jou huiswerk te doen. Die wolf werk in skaapsklere en doen ditself voor as 'n onskuldige lammertjie maar wat as dit honger word? Hitler, Stalin, 3de Wereld oorlog wat reeds woed. Aan wie se kant staan jy? Gaan jy in die strik trap, hoe gaan jy daar uitkom? Volksverraad Adv PJ Pretorius ISBN No 0-9584080-5-X Libanon Uitgewers, Posbus 1736, Mosselbaai, 6500

Dawiedvr_at_absamail.co.zaVrymesselaars5/18/2006
Ek wil meer weet van die vrymesselaars,en of hulle nog bestaan in die Noordwes provinsie, en hoe gemaak om in kontak met hulle te kom?

N E E M   D E E L   A S S E B L I E F

Geen aktiewe inhoud word aanvaar nie
Naam
E-pos Adres
Onderwerp
Kommentaar



Vorige Artikel Regstellende aksie in Sanlam reeds 1995
Volgende Artikel Onbekostigbare Politieke Korrektheid

TUISTE Heelbo Terug Druk E-pos dit E-Pos ons Gasteboek