|
|
Aangeleenthede | Afrika | Wêreld | Filosofie | Afrikaans | Ontspanning | Algemeen |
| 7 November 2003 | E-pos die bladsy aan 'n vriend |
Sedert George W Bush se verkiesing as president het ek 'n paar maal reeds 'n collage met verskeie fotos van hom met eenderslykende bobbejaan en aapfotos ontvang. Niemand het ooit rassisme hierin gesien nie. 'n Foto van Mugabe met 'n bobbejaanlyf is egter as rassisties afgemaak en het selfs die pers gehaal aangesien iemand wat lg aangestuur het sy werk weens "rassisme" verloor het.'n Soortgelyke rasserel het hom onlangs in die Helderberg afgespeel en dit het selfs tot 'n kommissie van ondrsoek gelei wat die rasse-aantyging gelyk gegee het. Ek kon die aangeleentheid nie langer ignoreer nie. Die volgende atikel is in verkorte vorm in die plaaslike koerant gepubliseer.
Ek plaas ook hier 'n antwoord op my skrywe deur die plaaslike ANC, asook my teenantwoord wat ook gepubliseer is in 'n effens verkorte vorm.
7 Desember 2003
|
'n Kommissie onder leiding van 'n prokureur van die Helderberg, Jan Theron, het onlangs bevind dat rassisme hoogty vier by die Helderberg brandweerstasie in die Strand. Die grootste aanklag blyk te wees dat 'n (swart) werknemer aldaar deur 'n kollega by implikasie 'n aap en/of bobbejaan genoem is.
Die betrokke plakkate was moontlik in swak smaak en indien sy doel daarmee was om 'n goeie gees in die werksplek te skep het dit duidelik nie geslaag nie. Maar daar is helaas niks in sy verslag wat hoegenaamd oortuig dat diegene verantwoordelik vir die kattekwaad rassistiese bybedoelings met hul aapstreke gehad het nie.
Die feit dat die plaaslike ANC egter besig is om die aapstuipe te kry gee my hond se gedagte dat hierdie weer eens bloot oppertunistiese politiekery is.
|
Ons sport is ook deurtrek met dierefikasie. Die Springbokspan word natuurlik nie uit bokke saamgestel nie, maar uit onder andere Bulle, Leeus, Haaie, Olifante, Poemas, ens. Baie Pretorianers is seker dankbaar dat Uli Schmidt se pa destyd die bynaam 'Blou Bul' gekry het. Met 'n effense ander spelstyl kon hulle span vandag as die 'Blou Ape' bekend gestaan het. Kon nogal gepas wees, want 'Tshwane' beteken mos ook Plek van die Ape. 'Aap' en 'bobbejaan' is toevallig ook van die meer vleiende verwysings na springbok Louis Koen wat ek gedurende die afgelope twee weke gehoor het. Baie teleurgestelde ondersteuners mis ook die bul Os Du Randt in Australië. Hy is 'n bul van 'n speler, al is hy nie een van die bulletjies in die Blou Bulle se gedugte pak voorspelers nie.
Aan bekendes word gereeld dierlike metafore toegedig. Genl Koos de la Rey was die Leeu van die Wes-Transvaal en Rommel die Woestynjakkals. JG Strydom is later die Leeu van die Noorde genoem en PW Botha die Groot Krokodil. Hierdie krokodil het later gewys hy is nie 'n katjie wat sonder handskoene gepak moet word nie en het sulke jakkalsdraaie om die katjie-van-die-baan WVK gegooi dat hy die waardige aartsbiskop soos 'n uil op 'n kluit gelos het sonder om die aap uit die mou te laat.
|
Metafore kan soms ook onwillekeurig aanstoot gee wanneer 'n oorgewig persoon met 'n uitstekende geheue byvoorbeeld 'n 'olifant' genoem word. Sodanige onsteltenis sou dan gewortel wees in 'n persepsuele verbintenis wat die ontvanger van die kompliment met die gewig van die olifant sien. Verwantskap is dus hier, om vir Shakespeare buite konteks aan te haal, 'n funksie van die persepsies van die betrokke persoon.
Die gebruik van metafore is natuurlik nie uniek aan Afrikaans nie en in Engels word woorde soos 'sloth' en 'shark' ook as baie beskrywende hulpmiddels gebruik. Anders as Engels beskik Afrikaans egter ook nog oor die gebruik van verkleinwoorde wat tot verdere betekenisvolle etimologiese verskille lei. So is 'n 'bok' anders as 'n 'bokkie' - net soos 'n jakkalsie of skapie ander (dikwels meer positiewe) betekenisse as die gewone vorms het.
|
Dit bring my by die probleem wat ek het met 'n aap soos Mark Keohane en 'n bobbejaan soos Jan Theron.
'n Rugbyspeler se verwysing na Monde Zondeki as 'n 'apie' is vir Keohane net so rassisties soos die spottery van 'n brandweerman dat sy kollega 'n 'Frazibaboon' van "Monkey Town" is, vir Theron was. Hulle reken dus iemand is 'n rassis as hy enigiemand (anders as blankes) 'n aap of bobbejaan noem. In hierdie artikel het ek nou al verskeie mense ape en bobbejane genoem en behoort dus nou ook van rassisme aangekla te word. Indien nie, sou ek graag by hierdie here wou verneem hoekom slegs die verwantskap tussen hierdie diere en sommige rasse 'n perd van 'n ander kleur is. Sou kommissies van ondersoek ook gevolg het as iemand vir Muis Robberts 'n apie genoem het of as Frazenburg deur sy kollegas as 'n tier van Tiervlei of 'n kraai van Kraaifontein beskryf is?
Ondersoek moet eerder ingestel word na die direkte rasverwantskap wat die Keohanes en Therons bespeur tussen mense van kleur en die hoër primate. So 'n kommissie sou 'n kans staan om 'n werklike bydrae te lewer tot die strewe na 'n waarlik nie-rassige samelewing; in teenstelling met die rassepolarisasie wat ongetwyfeld op die oomblik deur hul eie diepgewortelde rassisme aangeblaas word.
'n Week na die publikasie van my brief in die Distrikspos het 'n leser vir my standpunt opgekom. 'n Week later is 'n opponerende brief van die ANC gepubliseer.
|
Mnr. Strauss, vir die swart offisier was dit alles behalwe 'n grap. Daar is op 'n plakkaat met sy foto op na hom verwys as, en ek haal aan, "Fire Department personnel get free packet of peanuts to feed this smelly creature".
Die plakkaat met sy onderskrifte het die betrokke offisier se menswaardigheid aangetas en was bedoel om hom as persoon te verneder by sy kollegas en beslis nie 'n grap nie.
Hy het die volste reg om verdere stappe teen die skuldige te neem, al beteken dit ook dat hy hom tot die menseregte kommissie moet wend.
Die goedkoop poging van mnr. Strauss en eenders-denkende mense soos hy om die insident te probeer vergelyk met simboliese uitbeeldings van die Suid-Afrikaanse rugbyspan, wat ook as die Springbokke bekendstaan, dra geen gewig nie.
|
Ek dink mnr. Strauss moet maar aan iets anders dink om hierdie rassistiese gedrag by die Brandweerstasie te probeer wegpraat.
Laastens wil ek sê: Die Brandweer is een van ons belangrikste nooddienste en daar behoort te alle tye 'n gees van kameraderie en samehorigheid te wees sodat hulle kan saamwerk om enige noodsituasie of ramp te bekamp.
Ek dink ook die Theron-verslag lig baie verkeerde praktyke by die stasie uit. Ek hoop van harte dinge sal verbeter by die stasie.
My antwoord is 'n week later saam met nog 'n ondersteunende brief geplaas. Dit wil voorkom asof die ANC nie meer bereid is om my aan te vat nie aangesien geen verdere brief oor die aangeleentheid geplaas is nie.
|
Die ANC sien blykbaar steeds slegs 'n verwantskap tussen sekere rassegroepe en die hoër primate en ek het 'n probleem daarmee. Hulle is die kiesers 'n verduideliking vir hierdie revolusionêre nuwe evolusionêre teorieë verskuldig.
Rasse-verhoudinge in hierdie land het geen kans om te normaliseer onder die rasbehepte ANC nie. Kepler Wessels is nou al skoon geskors omdat hy na bewering vir Johann Louw gesê het om op te hou "k.. praat met die diere" en eerder op te warm. As die verantwoordelike partye 'n paar ou grappe en gepaardgaande uitdrukkings in die volsmond geken het, kon ons ook hierdie fiasko gespaar gebly het.
|
So, getrou aan haar party, speel Mev Lukas ook maar dieselfde geykte ou kaart. Ongelukkig vir haar en haar party begin die kaart nou al so afgesaag raak dat dit eersdaags nie meer 'n troef sal wees nie, maar uitgeken sal word as die gekreukelde ou joker wat dit is.
Besoekerskommentaar |
|||
| Naam | E-pos | Onderwerp | Datum |
| Arthur | hsmal_at_telkomsa.net | General Comment | 5/8/2007 |
| Jaco, ek het so `n bietjie op die web rond gekrap, ek sien toe dat die naam tshwane eindelik drie verskillende weergawes onder die swart bevolking het, dit is seker ook hoekom daar so `n deurmekaar spil aan bewind is. die setswane beweer dat tshwane "black cow" beteken, die ndebele sê weer nee dit beteken "little ape", terwyl die tshwane munisipaliteit weer glo dit beteken eindelik "we are one" nou het ek net gewonder of Pretoria se naam in die toekoms nie dalk soos volg gaan lees nie, "Little Ape to Black Cow We Are One" | |||
| Visitor | davcor_at_psionline.co.za | algemeen | 1/7/2006 |
| Ons groot ape wat aan bewind was het die junior ape aan bewind gesit om meer geld/bates te versamel vir eie gewin, die bedelaars het mooi geleer op die eiland. stop hul ondersteuning en besidheid deur hul te boikot.hul eie metode om lande oor te neem moet teen hulle gebruik word.maak meer werkloos deur slegs wit te werf deur huidig benadeelde blankes in diens te neem en hul ekonomie te breek. pas net op vir die kortbroek informante en meyerdeklerknp bende hulle mag dalk kapsie maak. sanlam is natuurlik groot probleem BEE beheer nou die nes eiers. voorwaardes word geweisig vir wins deling die eiers wat moes uitbroei is gesteel deur........ ons kla nie ons het ja gestem.... | |||
| Wynand de Beer | wdebeer_at_yahoo.com | Aapstreke | 11/26/2003 |
| Knap gedaan, Jaco! Dit is inderdaad nodig dat ons die aapstreke en ander sotlikhede van die ANC/SAKP regime en hul NNP agterryertjies aan die kaak stel, sonder om ons viervoetige vriende te erg in die gesig te vat... | |||
| Vorige Artikel | Onbekostigbare Politieke Korrektheid |
| Volgende Artikel | Regstellende aksie in Sanlam reeds 1995 |
| TUISTE | Heelbo | Terug | Druk | E-pos dit | E-Pos ons | Gasteboek |